2 maande gelede
Barça kry pak slae ondanks Messi-doel
Lionel Messi  ~ Reuters

LIONEL Messi het gisteraand sy 119de doel in die Uefa Champions League (UCL) aangeteken.

Dit was egter nie genoeg om die Barcelona-kaptein en sy span te red van ’n nederlaag met 1-4 in die eerste been van hul ronde-van-die-laaste-16-spanne-wedstryd teen Paris Saint-Germain (PSG) nie.

Die Argentyn het Dinsdag in die Camp Nou in die 28ste minuut met ’n strafdoel sukses behaal.

Driekuns

Hy is nou 15 doele agter die UCL-rekordhouer, Cristiano Ronaldo, wat voor gisteraand op 134 gestaan het. Ronaldo en sy Juventus-span het gisteraand teen Porto gespeel.

In die stryd tussen Barça en PSG het die aand egter aan Kylian Mbappé behoort. Hy was in ’n verwoestende luim en het uitgestaan met sy driekuns vir die Franse Ligue 1-klub.

Everton se uitgeleende doelskieter, Moise Kean, het ook sukses behaal vir PSG. Dit was sy 10de doel tot dusver in dié seisoen.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters