11 dae gelede
Bale se honger vir sokker is terug
HAPPY CHAPPIE: Spurs se manager, José Mourinho (links), en sy assistent Ledley King (regs) bring nou die beste uit Gareth Bale (middel).  ~ Getty Images

GARETH Bale, Tottenham Hotspur se ervare winger, sê hy “voel weer geliefd” by sy terugkeer na sy voormalige Londen-klub.

Die 31-jarige Wallieser het in September ’n jaar lange leenkontrak geteken nadat hy die guns verloor het van sy moederklub se manager, Zinedine Zidane.

Bale sê die ding wat enige sokkerspeler die gelukkigste maak, is om gereeld te kan sokker speel.

Volgens Bale het hy sy honger vir sokker herontdek

“Dis lekker om te speel waar jou dienste benodig en waardeer word,” het hy opgemerk.

Fiksheid

“Om terug te wees in Brittanje, waar jy weet jy word waardeer en ondersteun, speel inderdaad ook ’n baie groot rol.

“Om my fiksheid te herwin en gereeld sokker te speel is iets wat my gelukkig maak.

“Tans is ek in ’n baie goeie ruimte.”

Volgens die talentvolle linkerpoot kan Spurs en Wallis se fans nog veel meer van hom verwag in die toekoms.

Bale het reeds sy fans glimpses gegee van sy vernuf toe hy vroeër dié maand die wendoel teen Brighton met ’n kopskoot aangeteken het.

Die ervare speler het ook laat val hy jag nou ’n gereelde posisie in Spurs se manager, José Mourinho, se beginspan.

“Daar is nog baie verbeteringe wat kan gebeur en nog baie wat van my verwag kan word. Ek sien uit na die nuwe uitdagings,” aldus Bale. AP

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters