4 maande gelede
Bale gaan weer vir Spurs speel
Gareth Bale  ~ Getty Images

DIT is net ’n kwessie van tyd voordat die 31-jarige Gareth Bale weer vir Tottenham Hotspur in die Premierliga uitdraf.

Die Real Madrid-speler is naby daaraan om ’n skuif terug na Noord-Londen te maak – sewe jaar nadat hy Spurs gelos het vir Real Madrid.

Bale het gisteroggend by die oefenveld van Madrid aangekom terwyl hy wag op die groen lig om na Londen te vlieg om sy kontrak te teken.

Hy het Spurs destyds verlaat vir ’n rekord-signing fee van £86 miljoen (sowat R1,8 miljard).

Sy prokureurs in Spanje en Engeland werk daaraan om ’n kontrak op te stel wat Bale weer ’n Spurs-speler sal maak. Spurs het ingestem om ongeveer £20 miljoen (sowat R420 miljoen) in ’n leenooreenkoms te betaal.

Bale wil vir ’n klub speel waar hy weer gerespekteer en waardeer word.

Stadig

Hoewel hy vandeesmaand twee keer vir Wallis gespeel het, is hy nie heeltemal fiks nie. Daar word verwag dat dit ’n maand sal neem voordat die speler weer op sy beste sal wees.

’n Bron na aan die onderhandelinge sê die vordering is tans stadig, maar daar word van alle kante verwag dat ’n ooreenkoms bereik sal word.

Op die vraag of Bale binnekort ’n Spurs-speler gaan word, het die bron gesê: “Natuurlik.”

Real Madrid het ingestem om hom op ’n leenkontrak te laat gaan. Bale verdien £500 000 (sowat R10,5 miljoen) per week by Madrid.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters