12 dae gelede
Bafana gee Walias gas
In beheer: SA se Victor Letsoalo oorheers sy teenstander van Ethiopië. Foto: BACKPAGEPIX  ~ 

BAFANA Bafana lyk nog nie soos world beaters nie, maar coach Hugo Broos se span is nog op koers na sy Wêreld­beker-drome in 2022 in Katar.

Dit volg nadat Broos se SA span die span van Ethiopië in hul kwalifiseringstryd gisteraand in die FNB Sta­dium met 1-0 getroef het.

Sodoende het Suid-Afrika sy onoorwonne rekord onder Broos tot vier wedstryde gerek. Bafana verdien meer erkenning vir hul groei en vordering onder Broos.

Broos sal ook die eerste wees wat erken dat sy span nog ver is van die volkome produk, maar die positiewe uitslae wat sy span behaal, kan nie gekritiseer word nie.

Broos-hulle het eerste bloed geruik toe Evidence Makgopa se kopskoot in die 10de minuut deur Ethiopië se striker Getaneh Kebede in sy eie doelhok geplaas is.

Bafana het daarna in die eerste helfte ’n paar noue ontkomings beleef, veral toe Kebede voor die halfuurmerk sy regtervoetskoot van binne die doelgebied net-net verby die regoppaal gestuur het.

Geluk

Victor Letsoalo het ook misluk om die tuisspan se voorsprong te verdubbel toe hy ’n sitter van reg voor die doelhok oor die dwarsbalk gestuur ná Bongokuhle Hlongwane se puik aangee.

Suid-Afrika, wat by geleentheid in die tweede helfte ook sy geluk gery het, kon nie voortbou op sy 1-0- voorsprong nie.

Ghana het Zimbabwe vroeër geklop en is steeds net een punt agter Bafana Bafana in die groep.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters