24 dae gelede
Bafana Bafana-baas gou bekend
Carlos Queiroz  ~ Getty Images

DIE nuwe afrigter van die Suid-Afrikaanse sokkerspan word Saterdag onthul.

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het gister dié aankondiging op sy sosialemedia-platforms gemaak.

Safa het Molefi Ntseki verlede maand in die pad gesteek toe hy nie die nasionale span se kwalifisering vir die Afrikabekertoernooi kon verseker nie.

Daar is wyd bespiegel dat Benni McCarthy, rekordhouer vir die meeste internasionale doele vir Suid-Afrika, een van die gunstelinge vir die pos is.

Dit blyk egter dat McCarthy tans sy job as afrigter van AmaZulu FC, die Durbanse Premierligaklub, te veel geniet en dalk nie nou al sy hande sal wil verbrand deur dié baie moeilike pos in Suid-Afrikaanse sokker op te neem nie.

Omstredenheid

Vir menige breier was dit al ampertjies die doodskoot vir hul loopbane in afrigting.

Ander kandidate vir die pos sluit in Carlos Queiroz van Portugal, Hervé Renard van Frankryk en Hugo Broos van België.

Queiroz het al ’n vorige keer (in die vroeë 2000’s) as Bafana Bafana-afrigter opgetree, maar moes soos baie ander internasionale aanstellings onder ’n donker wolk van omstredenheid bedank.

Renard is bekend vir afrigting in Afrikalande en Zambië het met hom as afrigter die Afcon-titel gewen.

Pitso Mosimane, wat deesdae Al Ahly in Egipte afrig, word ook as ’n kandidaat beskou.

Safa se kantore het altesaam 200 CV’s vir die job ontvang, maar daar is ’n moontlikheid dat baie daarvan van mense is wat net die gek wou skeer met die liggaam en die nasionale span.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters