8 dae gelede
Baai groet sokkerlegende Chetty
passievol: Boya Chetty met ’n paar van sy trofeë uit sy lang loopbaan.Foto: CHARLES PULLEN  ~ 

’N MENS kan nie genoeg sê oor wat Port Elizabeth se “Mnr. Sokker”, Boya Chetty, vir plaaslike sokker beteken het nie.

Só sê Valentine Brink, voormalige president en die huidige administrateur van die Northern Areas Football Association (Nafa).

Chetty (73), welbekende Northerns-sokkeradministrateur, sakeman en gemeenskapsleier van Malabar, is Dinsdagoggend ná ’n lang siekbed in die Net­care Green­acres Hospitaal oorlede.

“Boya was die tipe mens wat nooit nee gesê het nie en altyd ’n plan gemaak het om ander mense en veral Baaise sokker by te staan.

“Ek dink nie vandag se jong mense verstaan watter impak hy gemaak het in sokker se ontwikkeling nie,” meen Brink.

Hy sê Chetty het soos baie ander in die Northerns arm grootgeword, maar as jong man al hard gewerk en altyd baie opofferings in sy persoonlike lewe en later sy gesinslewe gemaak.

Aangesluit

“Hy het by Shamrocks FC begin sokker speel, maar was al as 19-jarige betrokke by die administrasie van die klub.

“Dis ook hoe hy hom later by die OP-sokkervereniging en nog later by Safa OP aangesluit het. Hy het daarna ook op nasionale vlak by Safa begin werk.”

Brink sê sokker was nie Chetty se enigste claim to fame nie.

“Boya was ook ’n uitmuntende sakeman.

“Almal in die Northerns ken die rits Sea­flight-vis­winkels wat hy al sover terug as 1978 begin het.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters