Verlede maand
Aussies suur oor Rassie-video
Nic Berry  ~  Getty Images

RUGBY Australië (RA) het sy ontevredenheid uitgespreek oor Rassie Erasmus se "belediging" van wedstrydbeamptes. 

Erasmus, Suid-Afrika se direkteur van rugby, het vroeër vandeesweek 'n video opgeneem waarin hy sy misnoeë uitspreek oor van die Australiese skeidsregter Nic Berry se beslissings in die Springbokke se eerste wedstryd teen die Britse en Ierse Leeus verlede week.  

RA sê in ’n verklaring daar is geen plek vir abuse van wedstrydbeamptes in Australiese rugbykringe nie.  

Andy Marinos, RA se uitvoerende hoof en 'n voormalige Stormers-senter, verwys na die onlangse gebeure as onaanvaarbaar en teen die gees en waardes van die spel. 

Hy voeg by dat die aanval op Berry se integriteit, karakter en reputasie ook onaanvaarbaar is.

Luidens die verklaring is RA in kontak met World Rugby. 

Laastens voeg Marinos by dat hulle voortgaan om hul ondersteuning aan Berry te bied aangesien sy fisieke en geestelike gesondheid vir hulle ‘n prioriteit is. 



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters