Verlede maand
Aus pak taai Indië
Virat Kohli  ~ Getty Images

TERWYL die Big Bash League­ (BBL) in volle gang Doer Onder is, maak Australië gereed om Indië in ’n eendagreeks – in Indië – aan te vat.

Die Aussies speel vir die eerste keer weer ODI-krieket sedert Engeland, die uiteindelike wenner, hulle uit die World Cup geboender het.

Aaron Finch lei weer die span, ten spyte daarvan dat Steve Smith nou al ’n ruk lank weer internasionale krieket speel.

Variasie

Finch, tesame met David Warner en Smith, vorm ’n formidabele top-orde, terwyl die snelboulers, Mitchell Starc, Pat Cummins en Josh Hazlewood ’n skitterende naatboul-trio is.

Die bybreekbouler, Adam Zampa, sal vir variasie sorg. Marnus Labuschagne, tans een van die voorste kolwers in toetskrieket, kan sy ODI-debuut in dié reeks maak.

Dis altyd moeilik om Indië op tuisbodem te klop, en die Aussies sal vir seker sy gevaarlikste wapen, Virat Kohli (kaptein), target.

Rohit Sharma is al lank een van die voorste kolwers in ODI’s en kan baie groot tellings aanteken.

Tob

Die bestendige Shikhar Dhawan sal waarskynlik saam Sharma die beurt begin.

Kohli en Ravi Shastri (afrigter) sal tob oor wie van KL Rahul en Rishahb Pant die handskoene moet dra. Die veelsydige Hardik Pandya is nog beseer en Ravindra Jadeja sal sy rol moet oorneem.

Die voorslag-snelbouler Jasprit Bumrah keer terug.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters