4 dae gelede
‘Aus kan WB wen’
goue jare: David Campese hou in 1991 die William Webb Ellis-trofee omhoog.Foto: gallo images  ~ 

DIE Wallabies rugbylegende David Campese glo sy ou span kan volgende jaar se Wêreldbekertoernooi (WB) wen.

Die voormalige vleuel het aan die Sydney Morn­ing Herald gesê hy glo die Wallabies sal – soos in vorige WB-toernooie – ’n aanspraakmaker op die titel wees ten spyte daarvan dat hulle dié jaar net 4 van hulle 13 toetse gewen het.

“Ons is altyd gevaarlik in ’n WB-toernooi,” het Campo aan die Aussie-koerant gesê.

Vergeet

“Jy hoef nie eers jou beste rugby in ’n WB te speel nie. Dit het nou ’n bash-fest geword.”

Die Australiër vergeet duidelik op hoe ’n kliniese manier die All Blacks in 2015 in Engeland die Wallabies in die eindstryd geklop het.

Die All Blacks het daai dag op Twickenham drie drieë gaan druk en met 34-17 gewen.

Maar Campo, wat 64 drieë vir die Wallabies gedruk het, glo Michael Cheika, Wallaby-breier, gaan ’n plan beraam om sy span op koers te kry.

Cheika moet nog aan Australiese rugbybase verduidelik hoekom sy span so vrot gevaar het.

Daar is ook ’n moontlikheid dat Cheika dalk nuwe hulpafrigters sal moet aanstel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters