2 maande gelede
Atlete reg vir 17de wedren
kampioen: Ernst van Dyk, wenner van die 2018-wedren. Foto: MARK WARD  ~ 

Vir meer inligting oor die wedren, WENNER: skakel Alewijn Dippenaar by 082 457 5675

DIE 17de Outeniqua Cycle Challenge, ’n jaarlikse rolstoelwedren, vind Saterdag in George plaas.

Dié unieke uitdaging is die enigste in sy soort en meer as 1 000 deelnemers het reeds ingeskryf.

Deelnemers kan in gewone rolstoele, aangepaste fietse, handfietse of basketbalstoele aan die 21,1 km-, 42,2 km-, 10 km- en 5 km-wedren deelneem.

Die verwagting is dat Suid-Afrika se bekroonde Paralimpiese atleet Ernst van Dyk sy 42,2 km-wedrentitel sal kom verdedig.

Hy het verlede jaar in ’n tyd van 1:29:15 gewen.

Bystaan

Buitelandse atlete van Ghana, Namibië en Zimbabwe het reeds ingeskryf.

Die George Munisipaliteit soek nou vrywilligers om die deelnemers te kom bystaan.

Meer as 300 mense word benodig. Die vrywilligers word versoek om teen 10:00 by die Eden Meander Mall in George aan te meld.

Die munisipaliteit het aangekondig dat paaie gesluit sal word. Die afdeling tussen York Street, Plattner Boulevard en PW Botha Boulevard sal vanaf 06:00 tot 10:00 gesluit word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters