2 jaar gelede
Ashwin verskaf smiles
DRIEKUNS: Ikapa Sporting se span juig ná sy derde agtereenvolgende oorwinning.­Foto: joe pillay.  ~ 

DIE borg GreenSmile Foundation, wat deur die voormalige Springbokke Ashwin Willemse en Breyton Paulse bestuur word, het ’n span saamgestel wat later vanjaar aan ’n internasionale toernooi sal deelneem.

Die span is ná afloop van die gewilde o. 21-toernooi gekies wat die naweek op die The Greens-sportterrein in Manenberg gehou is.

Die toernooi is indrukwekkend die derde jaar agtereenvolgens deur die Ikapa Sporting-span gewen.

Die span, wat deur die voormalige Bafana Bafana-spelerNasief Morris afgerig word, het Hanover Park met 1-0 in die eindstryd geklop.

Ethan Stellenboom het die enigste doel in die tweede helfte aangeteken.

Ikapa se doelwagter Dyllon Plaatjies is met twee toekennings bekroon.

Hy is as speler van die toernooi, sowel as die beste doelwagter van die toernooi aangewys.

Shaahid Maloy van Hanover Park is met sy nege doele as die top-doelskieter vereer.

Austin Richards en Sherwin Bull het die wendoele in Silver Spurs se sege van 2-1 in die plaat-eindstryd oor Bay Hill United aangeteken.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters