12 dae gelede
Arteta sal punt wil maak
VRINNE: Mikel Arteta (links) en Pep Guar­diola.  ~ Getty Images

MANCHESTER City se Premierliga-wedstryd môre teen Arsenal in die Etihad is ’n geval van die “meester teen die apprentice”.

City se manager, Pep Guar­diola, meet dan as’t ware kragte met sy voormalige assistent Mikel Arteta, manager van Arsenal.

Hoewel Arteta die Gunners verbeter het sedert hy in Desember die leisels oorgeneem het, behoort Guar­diola se Citizens steeds te veel gehalte te hê vir die span van Londen.

Guardiola se grootste sterk punt is Arteta se swakste: Arsenal skep te min kanse en het te min shots on target.

Gemiddeld

Trouens, Guardiola-hulle was laas seisoen boaan die lys in Europa se topvyf-ligas vir die meeste shots in 90 minute. Hul gemiddeld was 19,2 pogings. Dis beter as dié van spanne soos Bayern Munich, Juventus, PSG, Liverpool en Real Madrid, wat almal onder die top-15-spanne in Europa is.

Arsenal ploeter aan in die 83ste plek uit 98 spanne.

Die Gunners se gemiddeld is 10,5. Dis duidelik hulle skep net nie genoeg shots on target nie. Dalk laat Arteta sy vorige baas op sy neus kyk en bewys statistieke is onbelangrik. – AP

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters