Verlede maand
Arteta nie bekommerd oor sy lot
Mikel Arteta  ~ Getty Images

MIKEL Arteta, Arsenal se manager, sê hy is bewus daarvan dat hy binnekort gepos kan word, maar voeg by hy is nie bekommerd oor sy lot by die Londense klub nie.

Die Gunners het onder die Spanjaard sy swakste begin sedert 1981 tot ’n Premierliga-seisoen beleef.

Arteta se uitlatings volg nadat Wolves die Gunners Sondag in die Emirates met 2-1 gefnuik het. Dit was Arsenal se vyfde nederlaag van die seisoen ná 10 stryde.

Die 10 sluit in 4 seges, 1 draw en 5 nederlae. Twee van die nederlae het agtereenvolgens op Arsenal se tuisveld plaasgevind.

Dit het daartoe gelei dat Arteta-hulle nou tot die 14de posisie op die punteleer afgesak het.

Die verwikkelinge volg bykans ’n jaar nadat Unai Emery in die pad gesteek is vir drie agtereenvolgende tuis-nederlae.

Arteta sê hy weet hy is op dun ys. “Dis iets waarvan ek kennis gedra het die dag toe ek besluit het om ’n afrigter te word.

Maand

“Ek weet dat ek eendag afgedank sou word of die sokkerklub sou verlaat, maar ek weet nie wanneer dit gaan gebeur nie.

“Dit kon gebeur het die dag nadat ek my kontrak geteken het, in ’n maand se tyd, ses maande of selfs ’n jaar. Ek sal nooit weet nie.

“In hierdie beroep weet ek wel dat dit eendag sal gebeur, maar ek is nooit bekommerd daaroor nie.

“Dit pla my nie. My enigste bekommernis is om die beste uit die spelers te kry en die beste diens aan die klub te lewer.” – AP

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters