6 dae gelede
Arsenal lig FA Cup 'n 14de keer
LONDON, ENGLAND - AUGUST 01: Pierre-Emerick Aubame
Pierre-Emerick Aubameyang teken sy en Arsenal se tweede doel van die wedstryd aan.  ~ Getty Images

ARSENAL het Saterdagaand hul seisoen op 'n hoë noot afgesluit deur hul 14de FA Cup-titel in die Wembley-stadion te verower. 

Die Gunners was met 2-1 baas teen Chelsea.

Arsenal se sterdoelskieter en kaptein, Pierre-Emerick Aubameyang, was twee keer in die kol om te verseker dat die Gunners die beker lig.

Dit was egter Chelsea wat beter begin het met die witwarm Amerikaner, Christian Pulisic wat ná net vyf minute sy span die voorsprong gegee het.

Pulisic het maalvleis gemaak van Arsenal se verdediging en met die doel het dit gelyk of die Gunners se frustrasies dié seisoen sal voortduur.  

Die Gunners het wel na die doel kalmeer en het begin beheer neem van die bal en het stadig maar seker beter begin speel.

Hulle is daarvoor beloon toe Aubameyang sake in die 28ste minuut gelyk getrek het deur met 'n strafdoel te slaag.

Pulisic het na rustyd weer gevaarlik begin lyk. 

Terwyl hy op die aanval was het hy egter sy dyspier beseer en sodoende het Chelsea hul beste speler verloor.

Om verder sout in Chelsea se wonde te vryf, is die middelveldspeler Mateo Kovacic met 'n tweede geelkaart van die veld gestuur.

Sonder Kovacic het Chelsea gesukkel om terug te veg en kon nie die Gunners keer om hul FA Cup-rekord te rek nie.

Met hul oorwinning het die Gunners wraak geneem vir verlede jaar se nederlaag van 4-1 in die Europa League-eindstryd. Dit is ook Mikel Arteta se eerte title as manager. Aubameyang word ook die eerste Afrika-speler om die beker as kaptein te lig.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters