8 dae gelede
Aphiwe wil nou bewys
APHIWE DyantyiFoto: GALLO IMAGES  ~ 

APHIWE Dyantyi wil graag sy onskuld bewys.

Dit kom nadat die Springbok-vleuel positief getoets is vir verbode middels

Die steroïede metandiënoon, metieltestosteroon en LGD-4033 is in Dyantyi se bloed gevind.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) het bevestig dat die dwelms op 2 Julie in die speler se bloed gevind is.

Die spoedvraat se regspan het besluit om die bevinding dat hy drugs gebruik het, teen te staan.

Khalid Galant, uitvoerende hoof van Saids, het gister bevestig Dyantyi en sy regspan is in die proses om bewyse vir hulle saak te kry.

Nalatigheid

Galant sê: “Geen verhoordatum is al vasgestel nie.”

Dyantyi (25) het erken hy is positief getoets, maar ontken hy het met opset of weens nalatigheid verbode middels ingekry.

Die middels wat in sy bloed gevind is, regverdig volgens Wada, wêreldliggaam teen drugs in sport, ’n skorsing van vier jaar.

Dyantyi is op 15 Junie ook getoets en geen tekens van verbode middels is toe gevind nie. Dit hang nou van hom af om te bewys hy het nie met opset of nalatigheid drugs gebruik nie.

Dié oud-leerder van Dale College (King William’s Town) het sedert sy debuut laas jaar in 13 toetse vir die Bokke gespeel.

Hy is in November as World Rugby se Break­through Player of the Year aangewys – die eerste Suid-Afrikaner wat dié award gewen het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters