9 maande gelede
Aotearoa-wenner lewer gepas top-speler
TOP-UITBLINKER: Richie Mo’unga is as speler van die Aotearoa-toernooi aangewys.  ~ Gallo Images

RICHIE Mo’unga, die losskakel van die Crusaders, is as die speler van die Superrugby Aotearoa-toernooi aangewys.

Mo’unga was meesterlik as generaal vir die Crusaders.

Die 26-jarige van Christchurch was nie net ’n doelskopper nie, maar hy was deurgaans ’n groot bedreiging vir opponente se verdedigingslinies.

Nederlae

Hy het in al hul wedstryde gespeel en die meeste punte (99) van enige speler aange­teken, insluitend drie drieë.

Die Crusaders en Blues het vyf spelers elk bygedra tot die Superrugby Aotearoa-span van die toernooi.

Die Blues het ses punte agter die wenners geëindig nadat hulle net twee nederlae gely het.

Die Blues sorg vir die helfte van die voorspelers, insluitend die indrukwekkende Hoskins Sotutu op nr. 8 en hul kaptein, die slot Patrick Tuipulotu.

Die Hurricanes het twee spelers in die span. Die vurige Ngani Laumape het die span gehaal ondanks die feit dat hy die laaste paar rondes weens ’n besering misgeloop het.

Die bobaas-baljagter Lach­lan Boshier en die bestendige All Black-senter Anton Lienert-Brown is die enigste twee spelers van die Chiefs.

Ingesluit

Die span van Warren Gatland (afrigter) het nie een game in die kompetisie gewen nie.

Die Highlanders, wat vierde geëindig het, se vaskopflank, Shannon Frizell, is die enigste speler van Otago wat by die span ingesluit is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters