15 dae gelede
Amla nie gedrop
Hashim Amla (Getty Images)
Hashim Amla  ~ getty images

DIT maak nie saak hoe min lopies Hashim Amla tot dusver aangeteken het nie, sy kaptein, Faf du Plessis, sal hom aanhou kies as die Protea-aanvangskolwer by die World Cup.

Du Plessis het Maandag weer geskerm vir die sukkelende Amla, wat tot dusver maar net 25 lopies in drie games kon aanteken.

Volgens Du Plessis is dit net ’n kwessie van tyd voordat Amla weer op dreef kom in Engeland.

Daarom kan daar maar verwag word dat Amla weer in die beginspan gaan wees vir Saterdag se game teen Afganistan.

Praatwerk

Hoe die res van die kolf­orde gaan lyk, is ’n mystery.

Amla is die span se voorste lopiemaker in eendagkrieket.

Dis egter nou al bitter lank sedert Amla sy kolf die praatwerk laat doen het in ’n mededingende internasionale wedstryd.

Die twee 50-talle in opwarmingswedstryde vir die toernooi tel nie – Amla se laaste innings van waarde was op 19 Januarie.

Hy het 108 lopies teen Pakistan in Port Elizabeth geslaan in ’n wedstryd wat die Proteas boonop verloor het. Toe volg innings van 8, 25, 59 en 14 in die reeks teen Pakistan.

Amla het toe weens sy pa se siekte nie in die reeks teen Sri Lanka gespeel nie.

Baie Protea-ondersteuners meen Reeza Hendricks moes eerder saam met die span na Engeland getravel het.

Du Plessis glo egter daar is nie rede om nou te staan en panic nie, want as hy na Amla se kolfwerk in die nette kyk, is daar tekens van ’n verbetering om die draai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters