Verlede maand
America op missie
feroz
Toekoms: Feroz Shaik (heel links) en Keith America (heel regs), tesame met die akademie se talent, spog met hul nuwe balle.  ~ FOTO VERSKAF

FEROZ Shaik, stigter van Sport Express Management, sê hy is deeglik bewus daarvan dat jy die beste mentors moet hê as jy die beste talent wil ontwikkel.

Dis waarom Shaik nou op die Santos-legende Keith America staatmaak om te verseker dat belowende jong spelers die nodige kanse kry om hul drome te bewaarheid.

Shaik het America se Adler-akademie, wat voorsiening maak vir talent van alle ouderdomme, ’n hupstoot gegee toe hy nuwe balle aan die instansie geskenk het.

America meen met goeie Samaritane soos Shaik maak dit sy taak met die seuns op die oefenveld nóg meer opwindend en genotvol.

“Ek het basies net voor die lockdown met hulle begin toe ek genader is om die talent gereed te kry vir die seisoen,” verduidelik Ame­rica.

“Die seuns se fiksheidsvlakke was nie waar dit moet wees nie.

“Dis tóé dat ek betrokke geword het. Elke dag vat ons ’n verskillende ouderdomsgroep.

“Ons het nou lekker gegroei wat die groep betref,” voeg America by.

Intussen verduidelik Shaik dat dit ’n no-brainer was om America te ondersteun.

Speeldae

Hy meen America doen reeds ’n fantastiese en onselfsugtige job om sy uitgebreide kennis en ervaring met die opkomende talent te deel.

“Keith is ’n legende van die game,” het Shaik uitgewys.

“Ek was gelukkig om hom in sy speeldae te sien.

“Nou rig hy af en is steeds so passievol oor die spel. Hy vra niks nie. Hy doen net sy ding op die veld.

“En vir hom en die spelers om hul beste te lewer, benodig hulle ordentlike toerusting en geriewe.

“Dis maar my klein bydrae om Keith te ondersteun en die volgende big thing te ontgin en te ont­wikkel.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters