Verlede maand
Amastokke se 2 broers gee rigting
Mustapha Cassiem  ~ Gallo Images

TOKIO. – Die Cassiem-broers van Mitchells Plain, Mustapha en Dayaan, het gister op die Olimpiese Spele ’n groot rol gespeel in die Suid-Afrikaanse manshokkiespan se oorwinning met 4-3 oor Duitsland.

Doele deur Matthew Guise-Brown, Keenan Horne en Nicholas Spooner was genoeg om die telling met 3-3 in die laaste kwart van die game gelykop te maak.

Dit was egter Mustapha se doel in die 48ste minuut wat die oorwinning aan sy span besorg het.

Suid-Afrika het nog een wedstryd in groep B oor.

Die SA span het Kanada vanoggend (05:15 SA tyd) gepak.

Amastokke-stokke het in hul vorige games teen België (4-9), Nederland (3-5) en Brittanje (1-3) verloor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters