11 dae gelede
PSL se fixtures bekend
Thapelo Moreno of Mamelodi Sundowns challenged by
Mamelodi Sundowns en Orland Pirates pak mekaar op 11 Augustus in die Dobsonville-stadion.  ~ BackpagePix

DIE bepalings vir Suid-Afrika se hervatting van die Premierliga (PSL) is Donderdag bekend gemaak.

Dit kom ná ‘n onderbreking van meer as vier maande weens die corona-virus-pandemie.

Die seisoen skop af op 11 Augustus met ‘n watertandstryd tussen die verdedigenede kampioene, Mamelodi Sundowns, en Orlando Pirates in die Dobsonville-stadion.

Die liga-voorlopers, Kaizer Chiefs, jag hul eerste liga-kroon in 5 jaar en pak Wits ‘n dag later in die Orlando-stadion.

Die Kaapse span Cape Town City, het nog ambisie om onder die voorste agt spanne die seisoen af te sluit. Hy kruis swaarde met  Chippa United op 14 Augustus in die Orlando-stadion.

Chippa United sal 'n moeilike span wees om te klop, want die Baaienaars wil relegasie terug na die Nasionale Eerste Liga vermy.  

Steve Barker, afrigter van Stellenbosch FC, keer terug na ‘n  bekende venue wanneer sy span vir Golden Arrows pak in die Tuks-stadion. 

Barker het vir etlike seisoene die AmaTuks

Sou alles volgens plan verloop, sal die PSL-seisoen op 5 September afsluit. Ál die wedstryde sal dan gelyktydig (15:30) beslis word.

Die promosie/relegasiewedstryde begin ‘n dag later op 6 September.


Só lyk die fixtures:

Dinsdag, 11 Augustus
Mamelodi Sundowns t Orlando Pirates - Dobsonville-Stadium (18:00)

Woensdag, 12 Augustus
Kaizer Chiefs t Bidvest Wits  - Orlando-stadion (18:00)

Vrydag, 14 Augustus
Chippa United t Cape Town City -  Orlando-stadion (15:30)
Highlands Park t Mamelodi Sundowns – Dobsonville-stadion (18:00)

Saterdag, 15 Augustus
AmaZulu t Baroka - Lucas Moripe-stadion (13:30)
Stellenbosch t Golden Arrows - Tuks-stadion (13:30)
Polokwane City t Kaizer Chiefs - Loftus-stadion (15:30)
Orlando Pirates t Bidvest Wits - Ellispark (18:00)

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters