2 maande gelede
All Blacks ‘val vir Aussie-taktiek’
DJY! Twee Wallaby-spelers “groet” die Kiwi Anton Lienert-Brown.  ~ Getty Images

IAN Foster, die All Blacks-afrigter, het erken hy was teleurgesteld dat sy span met hul nederlaag in Bris­bane nie die Wallabies se provokasies reg hanteer het nie.

Slegs ’n week nadat hulle die Wallabies met ’n rekordtelling geklop het, het die All Blacks Saterdag in die vierde en laaste Bledisloe-toetsstryd met 22-24 verloor.

Albei spanne het ’n rooi en geel kaart gekry in ’n toets waarin die humeure telkemale opgevlam het.

“In die tweede helfte was ons nie so gedissiplineerd soos wat ons moes wees nie,” het Foster gesê nadat hy tyd gehad het om die wedstryd te hersien.

“Ons is by tye gestoot en by ander tye uitgelok en dit is ’n taktiek wat spanne teen ons gebruik.

“Ons moet beter en slimmer wees as dit. Ons het ’n paar kickable penalties weggegee. En dan was daar die geel (kaart) wat waarskynlik net ’n bietjie frustrasie weerspieël het toe daar geen frustrasie nodig was nie.”

Foster se kommentaar weerspieël die All Blacks se reaksie op hul gelykop uitslag van 16-16 met die Wallabies in die eerste Bledisloe-bekertoets, waarna die Nieu-Seelanders gesê het die skeidsregter het nie genoeg gedoen om die off-the-ball voorvalle wat die Wallabies toegedien het, te straf nie.

Oopstel

Ná die Wallabies-oorwinning het ’n paar oudspelers die getal kaarte gekritiseer wat in Brisbane uitgedeel is, maar Foster het aangevoer die skeidsregter moet steeds duidelike grense stel.

“Dit was ’n wedstryd wat op die edge gespeel is. Almal kon dit sien. Daar was baie intent van albei spanne. Sommige daarvan grens aan kantlyne wat mense oopstel vir straf.

“Eerlik gesproke, dit het ons ’n bietjie herinner aan die eerste toets in Wellington. Daarom begin mense praat oor ‘jy het nie kaarte nodig nie’ en dit alles. Ek verstaan die argument tot ’n mate.

“Die ander kant daarvan is dat dit ’n baie fisieke spel is. As ons nie duidelike grense het nie, word dit regtig moeilik vir almal om die vaardige spel te speel wat hulle moet,” meen Foster.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters