12 dae gelede
All Blacks oukei met ’n pay cut
Dane Coles  ~ Gallo Images

DANE Coles, haker van die All Blacks, sal nie kla as sy betaalmeesters by die Nieu-Seelandse Rugbyunie hom vra om ’n salarisverlaging te aanvaar nie.

NZ Rugby staal hom vir ’n reuse-daling in inkomste nadat die Superrugby-kompetisie weens die corona-virus vir ’n onbepaalde tydstip uitgestel is.

Die binnelandse toetse teen Wallis en Skotland in Julie is ook in gedrang.

Voorberei

Coles het aan NZME gesê.“Dit is onvermydelik (dat ons ’n pay cut vat) en dit is heeltemal te verstane as daar in ag geneem word wat tans in Nieu-Seeland aangaan.”

“Rugbyspelers in Nieu-Seeland sal daarop moet voorberei, maar dit is net my mening. Jy wil nie hê dat Nieu-Seelandse Rugby moet ondergaan nie – dit sal ’n slegte ding wees.”

Rob Nichol van NZ Rugby se spelersvereniging sê: “Die spelers is nie naïef nie. Dinge word bemoeilik omdat daar geen games is om te uit te saai nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters