8 dae gelede
Ake straks gou op Man City se boeke
BOURNEMOUTH, ENGLAND - JANUARY 30:  Nathan Ake of
Nathan Ake  ~ Getty Images

BOURNEMOUTH, wat uit die Engelse Premierliga gerelegeer is, het Manchester City se aanbod van £41 miljoen vir die dienste van die verdediger Nathan Ake aanvaar.

Die Cheries, soos Bournemouth bekend staan, is op die laaste dag van die seisoen gerelegeer.

Ake is een van die spelers wat getip is om deur ‘n top-klub in die liga opgeraap te word.

Dinge kan nog straks interessant word omdat City se buurspan Manchester United en selfs Chelsea ook belangstelling toon in Ake se dienste.

Die 25-jarige Nederlander kom ook deur die einste Chelsea se akademie.

Hy is in 2017 aan Bournemouth uitgeleen voordat hy vir £20 miljoen die skuif na die Vitality Stadium permanent sou maak. 

City, wat die seisoen tweede viool speel vir Liverpool, verwag om sy defence te versterk vir volgende seisoen se veldtog.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters