7 dae gelede
Ajac CT bult sy spiere om titel
eienaar vir nou: Ajax Cape Town se Thendo Mukumela is in beheer van sake.Foto: gallo images  ~ 

AJAX Cape Town kan vandag ’n trappie hoër klim tot die boonste plek op die puntelys van die nasionale Eerste Liga­ (NFD).

Dis omdat die Urban War­riors in die Athlone-stadion te staan kom teen die sukkelende Jomo Cosmos.

Die Kapenaars is met 27 punte ná 16 wedstryde stewig in die vierde plek.

Dis nadat hulle Ubuntu Cape Town laas week met 3-2 in die Boland-stadion in Wellington geklop het.

Prince Nxumalo wat in dié kragmeting afgestuur is, sal nie speel nie.

Cosmos is met 20 punte in die 11de plek. Die voor­loper, Stellenbosch FC, speel op sy tuisveld in Idas Valley teen Richards Bay.

  • Die NFD-bepalings is:

Vandag: 15:30: Ajax Cape Town t Jomo Cosmos; Stellenbosch FC t Richards Bay. Môre: 15:30: Ubuntu Cape Town t TS Galaxy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters