3 maande gelede
Afrika moet langer wag vir tweede skouspel
FIFA World Cup Trophy (Supplied)
Amerika, Meksiko en Kanada is vandag deur Fifa, sokker se beheerliggaam, as die gasheerlande vir 2026 se Wêreldbekertoernooi aangewys.  ~ Foto verskaf

AMERIKA, Meksiko en Kanada is vandag deur Fifa, sokker se beheerliggaam, as die gasheerlande vir 2026 se Wêreldbekertoernooi aangewys.

Die drie lande se saamgesmelte bod vir die sokkerskouspel het 134 van die 203 stemme by ’n Fifa-kongres Moskou in Rusland ontvang.

Marokko, Afrika se groot hoop vir ‘n tweede aanbieding van wêreldsport se grootste skouspel, het net 65 stemme ontvang.

Dít was Morrokko se tweede probeerslag om die regte te probeer kry om die WB-toernooi aan te bied, nadat Suid-Afrika hom geklop het vir die aanbieding van die 2010-weergawe.

Amerika en Meksiko sal vir die tweede keer gashere vir die WB-toernooie speel, terwyl Kanada vir die eerste keer ‘n toernooi gaan aanbied. 

In 2026 sal die deelnemende lande tot 48 uitbrei en dit beteken dat al drie gashere van ’n plek in die toernooi verseker sal wees.

Die sukses van die Noord-Amerikaanse bod word deur AFP grootliks toegeskryf aan die feit dat die drie lande oor gevestigde en moderne stadions beskik. Dié lande se publieke vervoerstelsels is ook goed ontwikkel, terwyl Meksiko alombekend is as ‘n sokkermal-land.

Sou Marokko die bod wen, sou die Afrika-land groot geld moes bestee om hul vervoerstelsel op te knap en ook stadions op te rig.

Die land se gereedheid om ‘n toernooi met veel meer lande as vorige weergawes is ook bevraagteken.  

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters