7 dae gelede
Africa vol vonk
VURIG: Freginald Africa is ’n losvoorspeler van die Arende. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

FREGINALD Africa keer Saterdag as ’n lid van die SWD-Arende se vuurwarm lostrio terug na een van sy gunsteling-sta­dions.

Africa het vroeër vanjaar van Spanje teruggekeer waar hy klubrugby gespeel het.

Hy het verlede week teen die Valke ’n bevredigende vertoning as plaasvervanger gelewer.

Die Arende se breier, Eddie Myners, het nou geen keuse as om die woelwater-losvoorspeler in sy beginspan teen die Luiperds los te laat nie.

Die twee spanne kom môre op Outeniquapark in die eerste liga van die Curriebeker-reeks teen mekaar te staan.

Africa het ’n barshou gespeel in die Arende se gelykop uitslag (31-31) teen die Valke.

Gehalte

Hy het vier turnovers bewerkstellig. “Hy is ’n werkesel. Sy hoë work rate is net wat ons in die rucks benodig.”

Myners is baie beïndruk met die gehalte van Africa se spel.

“Net om jou ’n idee te gee – ons was ná rustyd met 16-31 agter en toe kom ons terugvegpoging. Africa was een van die sleutels tot ons sukses.”

Die verwagting is dat Buran Parks bank toe sal skuif om plek vir Africa te maak.

Daar heers twyfel oor die beskikbaarheid van die haker Xavier Scholtz, wat met ’n kniebesering sukkel.

’n Besluit gaan geneem word oor die slot Etienne Oosthuizen, wat ook op die krukkelys is.

Myners sal sy span vir die game vandag bekend maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters