11 dae gelede
Aanvraag na sokker-coaching groot
passievol: Patrick Weels ploeg terug deur jong aspirant-spelers die nodige vaardighede te gee.  ~ 

PATRICK Weels en Carl Maarman is twee plaaslike sokker-coaches wat bewus is van die slagspreuk “as jy goed genoeg is, is jy oud genoeg”.

Dié passievolle breiers van die Northens is glad nie grootbek oor hul doen en late nie.

Die duo het voorheen die talent van die jeug by Ajax Cape Town se akademie gekweek.

Deesdae run hulle stil-stil en onder die radar hul Carmel-sokkerskool, waar hulle aspirant-spelers bemagtig met basiese sokker-skills en lewensvaardighede.

Carmel lê veral klem op belowende sokkerspelers wat nog in die primêre skool is.

Loopbaan

“Dis belangrik om die spelers so vroeg moontlik die korrekte manier van die basics­ te wys,” verduidelik Weels.

“Sien, dít is wat hulle op ’n goeie footing sal sit deur hul loopbaan. Ek vind gereeld dat talle ouer en senior spelers steeds nie die basics ken nie,” voeg Weels by.

Carmel werk ook nou met skole soos Islamia en waar ook al skole ’n behoefte het na hul sokkerkennis.

Hul sokkerskool is nou ook gelink met Ikapa se Dallas-program. Hier word jong spelers – op primêre en sekondêre vlak – die geleentheid gebied om hul sokkertalente oorsee te gaan afshow.

“Ons is nou net dankbaar dat ons darem die Green­haven-sportfasiliteit gekry het om weer te begin. Die aanvraag na coaching is groot en die laities is gretig om te speel,” sê Weels.

Enigiemand wat belangstel, kan Weels gerus kontak by 063 093 7346 of Maarman by 084 233 2275.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters