3 jaar gelede
SAMORA, Siyanda bly
byt vas: Samora Fihlani en Siyanda Grey (INLAS) oefen in 2015 nog saam met die Kings. Foto’s: foto24
Foto:

DIT lyk asof die kontraklose Samora Fihlani tog nog ’n seisoen of twee beskikbaar sal wees vir die Oostelike Provinsie-Kings.

Toe die OP-Kings laas jaar van hul gekontrakteerde groep spelers bekend maak, was dié kragtige slot se naam nie op die lys nie.

Fihlani het in 2013 laas rugby gespeel. Dit was voordat hy knieligamente beseer het.

Dit het Fihlani die hele 2014 geneem om van dié besering te herstel en sy fiksheid te handhaaf.

Die Kings se spandokter, Conrad von Hagen, het Fihlani geloof vir sy harde werk om weer ten volle fiks te word.

Dit was egter ’n groot skok toe hy nie ’n nuwe kontrak aangebied is nie.

Nog ’n speler wat tans sonder ’n kontrak saam met die Kings oefen, is Siyanda Grey.

Dié vleuel en senter se kontrak het in Oktober verstryk.

Die voormalige OP-slot Lungelo Payi verteenwoordig albei dié spelers as agent.

Payi kon egter nie vir kommentaar oor die twee bereik word nie.

OP Rugby se kantore maak eers volgende week oop.

) Die Kings se huidige gekontrakteerde groep spelers is: Enrico Acker, Tim Agaba, Eben Barnard, Michael Bernardt, Thembelani Bholi, Tom Botha, Eital Bredenkamp, David Bulbring, Ronnie Cooke, Aidon Davis, Albé de Swart, Charl du Plessis, Armand du Preez, Martin Fer­reira, Tazz Fuzani, Shane Gates, Lizo Gqoboka, Hansie Graaff, Jaco Grob­ler, Dwayne Jenner, Andile Jho, Simon Kerrod, Cameron Lindsay, Kevin Luiters, ­Charles Marais, Edgar Marutlulle, Shaun McDonald, Enoch Mnyaka, Spu Msutwana, Darron Nell, Brenden Olivier, Paul Schoeman, ­Vukile Sofisa, Kuhle Sonkosi, ­Shakes Soyizwapi, Claude Tshi­dibi, Steven Sykes, Jan Uys, Gary van Aswegen, Scott van Breda, CJ van der Linde, Marlou van Niekerk, Luke Watson, Michael van Vuuren, George Whitehead, Tim Whitehead, Stefan Willemse, Stephan Zaayman.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters