Verlede jaar
Sokkerspelers trek voordeel uit Nedbank Ke Yona Ring of Steel

Nedbank het die tweede seisoen van die Ring of Steel veldtog bekendgestel. Die nuwe seisoen sal meer Ke Yona spanspelers die vaardighede bied om die meeste te maak van hul sokkertalent, op en af van die veld.

Deur die loopbane van Nedbank Ke Yona soektog spanlede, kyk die veldtog na finansiële en leefstyl bestuur. Die raad en vaardighede wat gebied word kan gebruik word deur enige atleet of persoon wat die meeste wil maak van die hulpbronne beskikbaar. 

Vanjaar sal Bongani Mbuli en Jeremiah Nkwana by Ian Chikohwa en Aubrey Maphosa Modibaas Ke Yona span gradeerders aansluit. Hulle sal ondersteun word deur 'n span kenner wat sal help met die volhoubare ontwikkeling van sokkerloopbane.

“Die Ring of Steel veldtog sit wat Nedbank daagliks doen in praktyk, om finansiële kennis vir goeie gebruik toe te pas. Deur die Nedbankbeker stel ons nie net spanne en spelers in staat om doele te bereik nie, ons doen ook dieselfde vir ons kliënte en gemeenskappe wat ons diens. Sokker is soos om jou finansies te bestuur. Jy moet 'n doel hê, hard werk, vasberade wees en 'n span vind – soos Nedbank, wat jou sal help om dit te bereik,” sê Desmond Osman, bemarkingshoof van Middle Markets by Nedbank.

Jeremiah Nkwana, Bongani Mbuli, Aubrey Modiba en Ian Chikohwa.
Mobi Dixon, Jeremiah Nkwana, Anathi Mnyango en Ian Chikohwa
Kamohelo Bombe
Jeremiah Nkwana
Sicelo Dlamini en Zamani Mbatha
Stoan Seate
Ian Chikohwa
Clement Maosa
Bongani Mbuli
Aubrey Modiba
Agter staan: Andre Arendse, Abu Baker Frizlaar, Desmond Osman en Mo Nassuirio. Voor staan: Bongani Mbuli, Ian Chikohwa, Boity Thulo, Jeremiah Nkwana en Aubrey Modiba.

Ring of Steel bied aan spelers talent bestuur, media opleiding, persoonlike bemarking en sosiale media advies, voorkomskonsultasie en finansiële vaardighede. Dit alles deur 'n span kenners soos Glyn Binkin (agent), Mo Nassuirio (finansiële adviseur), Helman Mkhalele (mentor), Andre Arendse (mentor), Abubaker Frizlaar (styl en voorkoms) en Boity Thulo (sosiale media raadgewer).

“Jy kan sê ek is een van die gelukkiges om een van die eerste beneficiaries van Ring of Steel te wees. Die sessies saam Bra Helman en Mo verlede jaar het my baie laat dink en ek kan met 'n geruste hart sê sedertdien maak ek beter en meer ingeligte besluite. Ek sien ook uit na verdere gespreksgeleenthede met hulle,” sê Ian Chikohwa, Ring of Steel begunstigde en amaTuks-speler. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters