Verlede jaar
Durban word groen geverf met 10 Jaar vieringe van Nedbank Cup finaal
Foto: Daily Sun  ~ 

Durban se Moses Mabhida-stadion sal op 24 Junie gasheer wees van die spesiale 2017 Nedbank Cup finaal.

Die PSl en borg, Nedbank, het die aankondiging tydens die trekking van die semi-finals gedoen. 

In ‘n gesamentlike verklaring sê die twee die vroeë aankondiging is die begin van die pad na die Durban aftelling. 

“Dit is deel van die plan om vanjaar se Nedbank Cup finaal meer as net 90 minute van sokker te maak. Maar ‘n bydra tot die toerisme en vermaakbedrywe, voor en tydens die wedstryd.”

Mato Madlala, waarnemende hoofbestuurder van die PSL, sê die PSL en Nedbank wil die finals vanjaar spesiaal maak. “Ons vier immers 10jaar van ‘n wonderlike vennootskap. Die Moses Mabhida-stadion is een van die land se mees ikoniese venues en daar is al ‘n paar historiese finals gespeel.”

Thulani Sibeko, groepbestuurder vir bemarking, kommunikasie en korporatiewe sake van Nedbank, stem saam met Madlala.

“Sokker bly n goeie platform vir Nedbank om met kliënte en gemeenskappe wat ons diens te connect en ons poog om dit te herhaal wanneer ons Durban groen verf. Ons moedig aanhangers aan om hul kaartjies vroeg te kry.”

Nedbank het ook 10 000 kaartjies van die PSL vir die final gekoop, wat eksklusief aan Nedbank kliënte vir slegs R10 verkoop sal word.

Die PSL sê intussen hy sal al kaartjie pryse en ander inligting nader aan die tyd bekend maak. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters