Verlede jaar
Dis Bucs t Supersport
doelheld: Abbubaker Mobara vier gister sy doel in Orlando Pirates se halfeindstryd teen Golden Arrows.Foto: gallo images

DAT SuperSport United en Orlando Pirates in die Nedbank Cup-eindstryd sal speel, is ’n herhaling van dié van verlede jaar.

Hulle kom op 24 Junie in die Moses Ma­bhida-stadion in Durban­ te staan teen mekaar.

Pirates het gister sy plek in die eindstryd bespreek deur Golden Arrows met 1-0 te klop.

Stuart Baxter (afrigter) se SuperSport-span het sy plek Saterdag reeds bespreek.

Dis nadat hy Chippa United in die Sisa Dukashe-stadion in Oos-Londen met 4-2 ná skoppe van die strafmerk geklop het.

Dié is ’n belangrike wedstryd vir albei spanne, en nie net oor die prysgeld nie.

’n Oorwinning sal beteken Pirates vergoed vir sy treurige Premier-sokkerliga (PSL)-seisoen.

Dié span van Soweto­ sukkel al heeljaar om aan die gang te kom.

Selfs nadat Kjell Jone­vret (afrigter) die leisels by die Bucca­neers oorgeneem het, wil dinge net nie uitwerk nie.

Met net een wedstryd oor is Pirates nog nie seker van plek in die MTN8-uitklopreeks volgende seisoen nie.

Ook SuperSport United het dié seisoen teleurgestel.

Groot dinge is van dié span van Pretoria verwag nadat Baxter die leisels oorgeneem het.

Hy het egter net voor die einde van die seisoen uit die PSL-wedloop geval.

Aangesien Baxter die klub die einde van die seisoen verruil vir Bafana Bafana, sal ’n oorwinning ’n welkome afskeidsgeskenk wees.

Gelykmaker

Pirates het gister in ’n klipharde wedstryd in die Princess Magogo-stadion die voortou geneem toe Abbubakar Mobara in die 34ste minuut sukses behaal het.

Ofskoon Clinton Larsen (afrigter) se Arrows daarna hard probeer het, kon hulle nie die gelykmaker aan­teken nie.

Benewens R7 miljoen vir die wenner en 2,5 miljoen vir die naas­wenner speel die wenner van dié kompetisie ook in Afrika se Confederations Cup volgende seisoen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters