Verlede jaar
Dink voor jy praat - Komphela
Steve Komphela  ~ Kick Off

Kaizer Chiefs afrigter, Steve Komphela, sê die PSL moet stappe neem teen afrigters wat beskuldigings maak tydens onderhoude, na wedstryde.

Komphela het verwys na Acornbush United afrigter, MacDonald Makhubedu, se uitbarsting na hul 2-1 verloor teen Amakhosi tydens die naweek se Nedbankbeker-wedstryd.

Makhubedu het Chiefs se spel op die dag gekritiseer en ook beweer die toekoms van die senior nasionale span is ‘doomed’.

Komphela sê sulke uitlatings kan geweld onder fans van die spanne aanhits. Hy noem ook afrigters maak die uitlatings, omdat hulle weet hulle gaan nie verantwoordelik gehou word nie.

Hy het dit ook beklemtoom dat dit belangrik is om te dink voor jy praat. – DailySun

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters