Verlede jaar
Cup kan chippa in rat kry
myne! myne! Dan Malesela soek die Nedbank-Cup sterk.Foto: GALLO IMAGES  ~ 

CHIPPA United het ’n goeie kans om die gewilde Nedbank Cup-uitklopreeks dié seisoen te wen.

So reken Chippa se hoofafrigter, Dan Malesela.

Die Chilli Boys sal môre in die Nelson Mandelabaai-stadion teen Polokwane City die kwarteindronde van dié kompe­tisie probeer haal.

Chippa se vorige oorwinning in die Cup was teen Witbank Spurs.

In die Premier-sokkerliga (PSL) was dit teen Baroka FC.

En dít is ál wat Chippa tot dusver het waaroor hy kan jubel.

Malesela sê dis duidelik die spelers sukkel tans om ’n hoë peil te handhaaf.

Hy glo egter die Cup bied sy span die geleentheid om sake reg te stel.

“Ek dink hierdie is die kompe­tisie wat ons kan benut om ons selfvertroue te herwin,” verduidelik Male­sela.

“Ons vaar glad nie goed in die PSL nie, maar as ons in dié uitklop-kompetisie ons ritme kan vind, sal dit goed wees.

“Ek het voorheen gesê ek hou baie van dié trofee, daarom wil ek hom so graag wen.

“Ek glo ook ons hét die spelers om uitstekend te vaar in dié uitklop-reeks.”

’n Paar sleutelspelers – Xolani Mdaki, Mpho Mvelase en die Bafana-verdediger Diamond Tho­pola – is almal beseer.

Malesela voel egter die spelers wat hulle sal vervang, behoort dié geleentheid deeglik aan te gryp.

“Hier is talentvolle spelers en as hulle die geleentheid aangryp, kan hulle ook ver­seker wees van ’n plek in die beginspan. Dit hang alles van hulle af.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters