Verlede jaar
Cup-halfeind in OL
groot prys: Chippa United se Nedbank Cup-stryd teen Supersport United gaan Sisa Dukashe-stadion toe. Foto: gallo images  ~ 

CHIPPA United het besluit om sy halfeindstryd in die Nedbank Cup nié in die Nelson Mandelabaai-stadion te speel nie.

Dis ten spyte daarvan dat hy meer welslae daar behaal het as in die Sisa Dukashe-stadion in Oos-Londen, waar hy SuperSport United op 20 Mei sal pak.

Die laaste guns wat die voormalige breier Dan Malesela die Chilli Boyz gedoen het voordat hy met spesiale verlof is, is dat hy hulle laat kwalifiseer het vir dié halfeindstryd.

Hoewel Chippa se seisoen heeltemal van koers kan gaan in die Premier-sokker­liga (PSL), bied dié wedstryd hom darem die geleentheid om sy eerste trofee te ver­ower.

Die Chilli Boyz het ál hul vorige wedstryde in dié kompetisie in die Nelson Mandela­baai-stadion gespeel en dis waar hulle die enigste 3 oorwinnings in hul afgelope 13 wedstryde vanjaar behaal het.

Aangesien die Sisa Duka­she-stadion egter altyd stampvol is, is dit een van die redes waarom Chippa verkies om daar te speel.

Die span se rekord is egter glad nie watwonders daar nie: Van die vier wedstryde het drie gelykop geëindig en net een in ’n oorwinning.

Klop Chippa SuperSport, word die eindstryd in die Moses Mabhida-stadion beslis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters