Verlede jaar
Chippa skaam oor Dan
vang my! Chippa United se breier, Dan Malesela, demonstreer aan sy spelers wat hy van hulle vereis.Foto: gallo images  ~ 

DIE bestuur van Chippa ­United is te skaam om te erken Dan Malesela is terug as sy hoofafrigter.

Malesela brei die Chilli Boys weer sedert Maandag.

Hy het Sondag skielik terug­gekeer na die Baai terwyl hy rustig by die huis was in Pretoria.

Malesela het aan Son bevestig hy is terug om die span te probeer red van relegasie, wat hy glo hy sal regkry.

Die Chilli Boys het tot die relegasiesone geval nadat die klub Malesela verlede maand met spesiale verlof laat gaan het.

Konsentreer

Tot nou toe het die bestuur van die klub nog glad nie gereageer op verskeie navrae oor Malesela se skielike terug­keer nie.

Chippa se woordvoerder, Luthando Zibeko, het net gesê hulle konsentreer daarop om die span te red van relegasie, en dís die enigste kwessie wat hul aandag nou geniet.

Chippa berei voor om Super­Sport United weer aan te vat.

Dié Nedbank Cup-halfeindstryd is Saterdag in die Sisa Dukashe-stadion in Oos-Londen.

Dis noodsaaklik dat hy slaggereed daarvoor is.

Dit is egter opvallend hoe die klub eenvoudig net versuim om Malesela se terugkeer te bevestig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters