Verlede jaar
Chippa gefokus op Stars
sleutelspeler: Paseka Mako sal in die laaste wedstryd op sy beste moet wees.Foto: theo jeptha  ~ 

CHIPPA United se breier, Dan Malesela, sê al wat nóú saak maak, is Free State Stars.

Die Chilli Boys het Saterdag in die Sisa Dukashe-stadion 2-4 met strafdoele vasgeval teen SuperSport United in die Nedbank Cup-halfeindstryd.

Met relegasie wat steeds ’n moontlikheid vir Chippa is, dink die breier dit is dalk ’n bedekte seën dat hulle verloor het.

“Dit is nooit lekker om te verloor nie, maar ek dink veral in ons situasie help dit ons. Dit sou lekker wees om in ’n eindstryd te wees, maar dan sou ons net dáároor gedink het,” sê hy.

Hy sê Saterdag se wedstryd op Goble Park teen Stars is baie belangrik.

“Dis al wat nou tel. Dis belangrik dat ons die job doen teen Stars. Ons het die spelers gister afgegee om te rus, maar hulle is vandag terug en nou is ons fokus net op Stars.”

Die breier sê die feit dat al sy spelers weer fiks is, gee die span ’n groot hupstoot. “Dis asof die span verander het. Almal is opgewonde en lus vir die laaste wedstryd.

“Ek dink al die beserings het ’n negatiewe effek gehad op almal, maar dit is duidelik nou anders.”

  • Chippa het moontlik nog ’n hupstoot vir die wedstryd teen Stars.

Die kaptein, Thamsanqa Sangweni, was nie beskikbaar vir die twee wedstryde teen SuperSport nie, maar sal weer beskikbaar wees om teen Stars uit te draf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters