Verlede jaar
Chilli’s dalk na OL
Wil sakke pak: Chippa Mpengesi wil glo sy span vat en loop. Foto: gallo images  ~ 

CHIPPA United sê hy reageer nie op gerugte nie.

Dít is nadat gerugte die ronde begin doen dat die span besig is om sy sakke te pak vir Oos-Londen.

Die klub se voorsitter, Chippa Mpengesi, het by die span se aankoms in die Baai gesê hulle gaan 20 jaar lank in die Baai bly.

Dit blyk egter ná drie seisoene sy “20 jaar” is verby. Die Chilli Boys het Saterdag in die Sisa Dukashe-stadion ’n Nedbank Cup-stryd teen Supersport United gespeel. Chippa het vasgeval met strafdoele, maar dit blyk sy nuwe tuiste te wees vir volgende seisoen.

’n Persoon na aan die span sê dit gaan glo alles oor die ondersteuning wat die span in Oos-Londen kry.

Chippa se breier, Dan Malesela, het in die verlede gesê hy hou van die kleiner stadion omdat die atmosfeer baie beter vir die spelers is.

Hy is nie verkeerd nie, want die atmosfeer in ’n stadion is baie belangrik vir die tuisspan.

Die Southern Kings het ’n uitstekende oorwinning behaal oor die Sharks met 21 000 toeskouers in die Nelson Mandelabaai-stadion.

Chippa het egter verlede Woensdag met ongeveer 9 000 toeskouers agter hulle SuperSport Unit­ed 3-0 geklop.

Luthando Zibeko, woordvoerder van Chippa, het aan Son gesê hulle gaan nie daarop kommentaar lewer nie en is net gefokus op hul belangrike stryd teen Free State Stars.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters