Verlede jaar
Bucks uit promosiestryd
PSL-kans verby: Mthatha Bucks speel weer in die NFD volgende seisoen. foto verskaf  ~ 

DIS neusie verby vir Mthatha Bucks se Premierliga-drome.

Die span van Oos-Londen het Saterdag in die NNK-stadion in Kaapstad met 0-1 teen FC Cape Town vasgeval.

Met dié uitslag is Bucks nou ná vyf wedstryde steeds onder ’n oorwinning. Die span beklee die agtste posisie op die Nasionale Eerste Liga se punteleer met net twee wedstryde oor.

Al wen Bucks hul oorblywende wedstryde kan hulle nie meer kwalifiseer vir die uitspeelplekke nie.

Bucks het die seisoen baie beter gevaar as verlede seisoen se relegasiegeveg en was die grootste deel van van die seisoen baie naby aan die uitspeelplekke.

Die laaste gedeelte van die seisoen blyk baie moeilik te wees vir Oos-Kaapse sokker, met die Chilli Boys wat ook in gevaar is van relegasie.

Dis asof albei spanne nie sterk genoeg is om die seisoen te kan voltooi nie en dit is iets wat albei baie duur gekos het.

As Chippa die seisoen oorleef, sal hy en Bucks moet kyk om meer gehaltespelers in te bring vir volgende seisoen.

Gelukkig vir Bucks is hulle nie gepla met ’n relegasiegeveg nie en kan reeds begin dink aan volgende seisoen.

Bucks se oorblywende wedstryde is teen Cape Town All Stars, wat in die 13de plek is, en Black Leopards wat tweede is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters