Verlede jaar
Baxter wil goed afsluit
wraak: Stuart Baxter kan Nedbank Cup-geskiedenis maak teen Chippa United.Foto: BACKPAGEPIX  ~ 

DAAR is iets omtrent die Nedbank Cup-uitklopreeks wat die beste uit SuperSport ­United se afrigter, Stuart Baxter, bring.

Dié Skot jag nou sy derde Cup-trofee in die Premier-sokkerliga (PSL).

Baxter het die trofee in 2013 met Kaizer Chiefs gewen en ver­lede jaar met SuperSport.

Baxter én SuperSport kan ook geskiedenis maak deur die eerste span te word wat dié titel ’n tweede keer agtereenvolgens verower.

Baxter verlaat SuperSport ­United aan die einde van die seisoen om sy nuwe pos as afrigter van Bafana Bafana te vul.

Dis dus ’n veilige weddenskap dat hy sy termyn by die Matsa­t­santsa op ’n positiewe noot wil afsluit.

Om die eindstryd te haal, sal Baxter-hulle egter verby Chippa United moet kom.

En Chippa het Woensdagaand teen SuperSport gewys dat dit nie so maklik sal wees nie. Die Oos-Kaapse span het dié PSL-wedstryd met 3-0 gewen.

In die ander halfeindstryd kom Golden Arrows Sondag in die Princess Magogo-stadion te staan teen Orlando Pirates.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters