10 dae gelede
Onselfsugtig en passievol
NOU SOE! Die Santos-legende Keith America in sy element.  ~ BackpagePix

VIR Keith America is daar nie ’n gebrek aan lojaliteit aan die Santos brand nie.

Talle voormalige spelers en fans het die sokkerklub al gecurse en hul rug gedraai op 2003 se Premiersokker­liga-kampioen, maar nie America nie.

Meer as twee dekades later – as speler en coach – is America en die People’s Team steeds onafskeidbaar.

Dis ook veilig om te sê dat America, oftewel “Mr. Loyalty”, ongetwyfeld een van die longest serving members by ’n spesifieke klub is.

Nodeloos om te sê, Ame­rica het al highs en lows by Santos ervaar.

Anders as ander was hy nie gulsig om ’n quick buck uit die sport te maak en ryk te word nie; hy wil graag terugploeg.

“Sonder om cliché te klink, dit is als genuinely for the love of the game­ en die spelers,” verduidelik America.

“Vir niemand behalwe hulle nie.

“Dit is dan ook waarom ek my eie belange altyd tweede gesit het.

“Ek is passievol en toegewyd om die spelers te help om hul volle potensiaal te bereik.

“In die verlede was dit nie vir my ’n issue om Santos te verlaat nie, nee!

“Daar was baie gevalle waar ek short gekom het, maar ek dit nie ’n issue gemaak nie, want ek moes dink aan die spelers wat ek coach en wat opkyk na my.

“Jy moet onthou: Wanneer jy spelers ontwikkel en hulle coach, is dit nie ’n overnight ding nie.

“Dis ’n twee-, driejaarproses, of selfs langer. Dis belangrik dat jy die pad saam met hulle stap.

“My vergoeding is wanneer die spelers hul doelwitte op die sokkerveld en in die lewe bereik,” sê dié 60-jarige boorling van Heideveld.

YESTERYEAR: Spurs het in 1979 die Seven Seas-liga-kompetisie gewen. Kader Suliman (voor, tweede van regs) was die top-striker. Foto: Verskaf

Veral spelers soos Wayne Arendse, Erwin Isaacs, Eleazar Rodgers, Fagrie Lakay, Iqraam Rayners, Carl Lark en Gregory Roelf kan getuig van America se onselfsugtigheid en passie om ’n verskil te maak.

Van die spelers het ongelooflik baie sukses in hul loopbaan behaal. Was dit nie vir die gerespekteerde America wat hulle raakgesien het en sy tyd opgeoffer het nie, sou hulle ’n veel skraler kans gehad het om bekende name in Suid-Afrikaanse sokkerkringe te word.

Maar America het nie vanweë coaching op die road to fame beland nie.

Alles het begin toe hy as 15-jarige vir Charlton, ’n amateurklub in Kewtown, gespeel het.

Trevor Manuel het hom later na Aurora gelok omdat daar meer geleenthede was, soos om in die Maggot Cup te speel.

Op die tender age van 17 het Spurs America opgeraap.

Dit was hier waar die eagle geland en America so te sê ’n cult hero geword het.

Manewales

America, Boebie Solomons en Calvin Petersen is mettertyd Spurs se “problem child­ren” gedoop – oor die manier waarop hulle kringe om hul opposisie gehardloop het.

SPURS- ‘PROBLEEMKINDERS’: Van links is Calvin Petersen, Boebie Solomons en Keith America. Foto: Verskaf

Petersen en America het ook die “terrible twins” tag gekry vir hul manewales met die sokkerbal op die veld.

“Die label ‘terrible twins’ was instant, want ons het van day 1 af met mekaar gekliek,” vertel America.

“Dis asof ek en Calvin al jare saamgespeel het.

“Ons het ons eie codes gehad om die opposisie te confuse, of as hulle met dirty tactics wou kom.

“Dit was ’n amazing experience op so ’n tender age. Dis omdat ek nie juis die kans gekry het om junior sokker te speel nie.”

America sê Cape Town Spurs se sukses as die Seven Seas-ligakampioenspan van 1979 is die een memory wat nie geëwenaar kan word nie.

“Dis omdat dit in my debuut-jaar was, toe ek pro gedraai het.

“As speler het ek my daarop gepride dat ek consistent is en ek was trots daarop.

Gescore

“Ek het die eerste ses wedstryde as ’n sub op die bank gesit. Maar weet jy wat?

“Ek het in al daai ses wedstryde gescore toe ek die ‘Athlone Ghost’, Neville Londt, vervang het.

“Dit was beslis iets buitengewoons.

“Op ’n vreemde manier was dit ook ongelukkig, want Londt was in my plek op die bank omdat ek toe die top-striker en first choice geword het,” sê America.

IKONE: Cape Town Spurs se span van 1980 kon sekerlik ook die land se nasionale span gewees het; in elke posisie was ’n oorvloed talent. Foto: Verskaf

Volgens hom het hy dit gehaat om teen spelers soos “Dirty Dick” Everts van Glenville United en Vince Naudé te speel.

Spoed

“Die was harde en dirty spelers,” onthou America.

“Maar ek was beslis nie bang vir hulle nie, want ek het ouderdom en spoed aan my kant gehad.”

America het later by klubs soos Berea, Maritzburg U­nited en Glendene sukses behaal voordat Mr. Loyalty sy hele lewe aan Santos toegewy het.

LADUMA! Keith America klop Farouk Abrahams, wat destyds vir Dynamos gespeel het. Foto: Verskaf

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters