28 dae gelede
October is min gespin
october
PASSIEVOL: Graham October van die KSA is ’n yster.  ~ Mark Ward

VIER dekades gelede het Graham October as ’n nat-agter-die-ore-latie ’n “conscious en inform­ed” besluit geneem waarvoor hy steeds gebrandmerk word.

Terme soos “sell-out” en “traitor” is in sy rigting gegooi. Maar dit het hom nooit van stryk gebring nie.

Toe October as 13-jarige sport begin beoefen, was dit vir die regte redes – nie om fame en fortune te soek nie. En steeds gaan alles vir hom oor the liefde vir die spel – en dit sal altyd so bly.

Diegene wat October goed ken, sal presies weet van watter stoffasie hy gemaak is.

Met “Mr. O”, soos hy in krieketkringe genoem word, is daar g’n grys area nie. Dis óf wit óf swart.

October sê ’n ding nes dit is en staan by sy punt. Dis nie om ’n mens af te kraak nie; dis om jou touwys te maak en jou te laat weet waar jy met hom staan.

October maak geen verskonings vir sy ongewilde besluite en standpunte nie.

Danksy sy passie vir krieket het dié pionier van die sport in die bende- en dwelmgeteisterde Bonteheuwel die ranks geklim.

Hy het deesdae ’n belangrike rol in Krieket Suid-Afrika – not too shabby vir ’n klong van Bontas wat verskriklike odds en teenstand moes oorbrug.

Die 55-jarige inwoner van Bonteheuwel het ’n level 2 coaching certificate agter sy naam. Hy is die taak gegee om jong talent in die Wes-Kaap, Boland en Suid-Westelike Distrikte te identifiseer en te ontwikkel vir Suid-Afrika se onderskeie nasionale spanne. Hy is ook WP se akademie-manager en ’n coach.

YESTERYEAR: October in aksie vir Bishop Lavis. Foto: Verskaf

October moet gebiede soos Montagu en Plettenbergbaai besoek en kampe reël om die next ongeslypte diamant op te spoor.

Hy vertel: “Ouers konfronteer my baie (oor my keuses). Hulle het nog nooit die game gespeel nie, maar hulle ken dit.

Uitverkoep

“Daar is grown-ups van my ouderdom … Is dit nou uit jealousy of out of what?

“Wanneer ons in meetings sit of whatever, wil hulle nou sê: ‘Oe-a, kyk wat doen djy ... Djy is nou ’n selector ook.

“Convenor van die provincial o. 19- en o. 17-paneel. Ma’ djy het vir Avendale gespeel. Djy’t ons uitverkoep.

“Nou het ek ’n punt in my lewe bereik waar ek nie met jou daaroor wil debatteer nie, man. Want jy’s onkundig.

“Hoe neem ’n 13-jarige laitie ’n ingeligte politieke besluit op daardie ouderdom?

“Toe ek begin krieket speel het, was daar g’n krieketklub in Bonteheuwel nie. Daar was niks Vangate Mall nie. Dit was die Bridgetown golf course, waar ons kon oorhardloop – oor die freeway, oor die greens, af in Tarentaal na Avendale. Ons het teruggeloop. Ons was 11 of 12 manne wat elke dag dié roete gestap het.

“Cassiem Bassadien upstairs by Braambos is een van hulle. Hy was ons seam­er en dai man swing vir hulle both ways.

“Onne’ was John Fourie en Mark Fourie, ook uit die Braambos. Hulle kom ammil uit dai gat.

“Dan het ons Hadjie Shamrock. Wat’s sy naam? Ek sien hom voor my ... Hy’t gewerk vir Shamrock Motors. Hy’t ook da’ gebly … Nazeem ... right.

“Dan kom ons uit en dan tel ons vir (wyle) Obien Arendse op in Kersboom.

“Dalton Martinussen, Selwyn Martissun – right.

“Ons is ’n hele team uit Bonteheuwel uit. So hoe kan jy my nou accuse dat ek vir ’n klub gespeel het wat meestal coloured was? But ons het ma’ net gespeel in ’n white union, if I can ma’ say so, right?

“Mense hou dit steeds teen my; daarom praat hulle van sell-out en so aan.

“My vraag is net: Die persone wat mense as sell-outs brand en target, het jy met ouens gesit en gevra: Waarom het jy as ’n gun player sekere decisions gemaak? Hoeko’ het jy gekies om daai kant van die lyn te speel? Jy verstaan?

“Jy weet nie wat die pressures in hul huis was nie.

“Ons moet ook nie weghardloop van die fact dat coloured mense grootgemaak is – en ek is grootgemaak en gebrainwash en ons was indoctrinated – dat die wit man die future is vir ons. Dis waar ons sit vandag.

“So, daai is die reality. Mense brand my steeds so.

“Somtyds dan argue ek die punt. Maar soos hulle sê: Jy kan nie met ’n dwaas of ’n dronkie redeneer nie.

“(Die persoon) het die state­ment gemaak en is heftig daaroor. So, wat is die punt ek argue met hom en probeer explain?

Enige

“Sy mind is mos reeds opgemaak. So, los hom ... en dis hoe ek operate.

“Somtyds kan dit seermaak – ek gaan nie lieg nie.

“Hulle sê dit nie om enige iets te achieve nie; hulle sê dit net soos hulle wil.

“Maar wat ek gevolglik vir myself gesê het, is dat die mense dié dinge sê net om jou van stride en rhythm af te gooi.

“Nou, ’n cricketer kort rhythm en stride.

“So, dis wat hulle doen. Hulle chirp langs die kant wanneer jy op die veld is net om jou konsentrasie te verbreek.

“My ding was nog altyd: Wat is my purpose? Wat is my goal? Wat wil ek bereik? Right.”

Al het October weens die gebrek aan fasiliteite sy krieket vir Avendale en Bishop Lavis – en dus buite Bonteheuwel – gespeel, het hy altyd geweet hy sal na sy home­ town terugkeer.

In 1987 het hy die Bonteheuwel-krieketklub op Metropolitan se sportterrein op die been gebring.

DIE MANNE: Bonteheuwel se krieketspan. Foto: Verskaf

Die klub het nie net aspirant-krieketspelers ’n platform gebied om hul talent te ontwikkel nie, dit het ’n alternatief gegee vir dwalende en verlore siele wat deur die ghetto ingesluk is.

Die Bonteheuwel-krieketklub het golwe gemaak op die sportveld.

October vertel: “Die klub is gestig deur like-minded mense wat glo sport is ’n vehicle. Dit was pret.

“Dit was vriende wat op ’n Saterdag vir pret bymekaargekom het.

“Dit het later ernstig begin word en dís hoe ons as ’n klub meer competitive geword het.

“Toe hulle die 20/20-formaat inbring, was ons die eerste klub in die WP Association wat dit gewen het.

“In ’92, toe ons in die second division gespeel het, het ons die double gewen.

“Dit was ’n one-day-kompetisie en ons het ook promosie gewen.

“In 2011 het ons weer promosie gekry tot waar ons vandag is. Maar oukei, die ligas is restructured.

“My bedoeling was om die kennis en ervaring wat ek oor die jare opgedoen het met my eie mense te deel.

“Ek wil mense empower en hulle upskill. Ek is pas­sion­ate oor my mense en die talent in Bonteheuwel.

Doodgeskiet

“Ek is passionate oor die plek – ten spyte van al die euwels.”

OCTOBER
GELUK: October (16) word beloon vir sy goeie boulwerk. Foto:Verskaf

October voeg by: “Almal praat van gangsterism en drugs, maar dis deel van ons alledaagse lewe.

“Iemand word nou voor jou doodgeskiet en jy gaan maar net aan met jou lewe.

“Dis hoe detached en desensitized ons geword het. Dood het vir ons geen betekenis meer nie.

“Ek is ook met ’n Castle League involved en daar is niks financial gain nie.

“Dis net om ’n verskil te maak in iemand se lewe.

“Dit maak nie saak watter sport dit is nie.

“Krieket het my aan baie dinge blootgestel. Dit het my empower en my skills geleer. Alles wat ek geleer het en steeds leer ... Dis my duty om dit met ander te deel.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters