5 dae gelede
’n Ghoen in sokker én met kitaar

FREDDY Arendse was ’n rare talent, nie net waar hy op die sokkerveld die nette met spectacular doele laat raas het nie, maar ook met ’n kitaar in sy hand.

Vir dié 58-jarige boorling van Bishop Lavis op die Cape Flats het dit egter nooit gegaan oor fame of fortune nie.

Freddy was meer bekommerd oor die welsyn van sy medemens. Hy wou altyd seker maak dat die jeug bemagtig word en dat toekomstige generasies hulself kon verryk.

Die pad na sukses van dié voormalige sterspeler van Matroosfontein, Santos en Glendene, was vooraf reeds vir hom bepaal. En ironies genoeg het die toekoms nie vir hom in sport gelê nie, maar in musiek.

Arendse het altyd ’n soft touch met die bal gehad, maar sy touch terwyl hy die kitaar getokkel het, was selfs sagter.

Dis ook nie asof Arendse juis ’n keuse gehad het nie wanneer dit by sy twee grootste passies gekom het.

“My love vir musiek het by die huis begin. Ek was altyd in ’n music space, want dit was ’n familieding.

“Ek sê altyd nege maande voordat ek gebore was, kon ek al die kitaar speel.

“En in die konteks van die kerk ook. Meestal in die gospel framework.

Lughawe

“Eenkeer het ons gospelgroep in Joburg gespeel en ons klub (Santos) se wedstryd was in die Paarl. Ek het al voor die wedstryd met Goolam Allie gereël dat iemand my onmiddellik ná die game lughawe toe moes vat.

“Ek moes toe haastig in die kar my ander klere aantrek. Mind you, my amp en guitar was toe al reeds alles in Joburg opgestel. Hulle het toe net gesit en wag vir my. Dit was exciting tye,” vertel die voormalige onnie by Silverstream in Manenberg. Hy het ook ’n honneursgraad in musiek aan die Universiteit van Pretoria verwerf.

Arendse het verskeie projekte waaraan hy werk en sy musiekskool het talle programme saam met Gauteng se departement van maatskaplike ontwikkeling en die Jonathan Butler-stigting. Hulle help aspirantmusikante met blootstelling.

Butler is ook ’n goeie vriend van Arendse.

Arendse se drie seuns, tussen 17 en 20 jaar oud, is net so talentvol in musiek. Die drie het ook al ’n paar jaar terug ’n opening act vir een van Butler se konserte perform. Sy vrou, Beth, en 14-jarige dogter, Christen, is ook altyd reg aan pa se sy.

Arendse se kort maar suksesvolle sokkerloopbaan, veral tussen 1985 en 1988, was oorgenoeg om vir hom legende-status in Kaapse sokker te verwerf.

Hy het groot naam gemaak met Matroosfontein en ook die WP-span gehaal. Hy was ook een van die staatmakers in die nie-rassige Sacos-span.

Hy was in ’n mate bewus dat hy ’n ghoen op die veld was, maar dit het hom nooit grootkop gemaak nie.

Uitdagings

Vir die maestro van ’n middelskakel wat nie skaam was om doele aan te teken nie, het dit te doen gehad om die playing field in Suid-Afrikaanse sport te level.

“Ek was nooit obsessed met sokker nie. Ek wou net wys dat ek net so goed soos ander was, hoewel daar so baie uitdagings was vir my en ander soos ek was.

“Dit was meer van ’n uitdaging om te sien hoe spelers van die Northerns opmeet teen die manne van die Southern Suburbs, ook met die class difference in gedagte.

“Daar was ’n sense of pride ook. Of jy nou gladde hare het of nie. Of jy nou lekker kon Engels praat en jouself kwaai kon articulate of nie.

“Ek moet erken dat ek seker die stadigste en onfiksste speler op die veld was. Daar was net nie genoeg tyd vir my om te oefen nie.

“Ek was useless sonder die bal, want ek het nie getrain nie.

“Snaaks genoeg het ek sports science gestudy by UWC tussen 1985 en 1988.

“Maar dit wys jou dat ek nie juis te committed en ob­sessed was met die game nie. En miskien regret ek dit soms ...

“Ek was bevoorreg om in daai tyd te kom speel, want daar was soveel talentvolle spelers, soos Adeeb Abrahams en talle ander. ’n Speler soos Duncan Crowie, byvoorbeeld, kon alles doen en was die most complete player.

“Dit was ’n trotse oomblik toe ek die Sacos-span gehaal het, want dit was net die beste spelers wat vir dié span gekies is.”

Arendse, wat ook ’n stint by Glendene gehad het, reken een van sy onvergeetlike oomblikke was in ’n derby tussen Santos en Hellenic toe hy ’n “ongelooflike doel” aangeteken het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters