4 maande gelede
Morgan nog lojaal nes in sy speeldae
TOEGEWYD: Richard Morgan is steeds betrokke by Swifts se sokkerklub.  ~ Seraj Jones

DIE 61-jarige Richard Morgan se lojaliteit teenoor die sokkerklub Sea Point Swifts sal nooit bevraagteken kan word nie.

Dié hardegat-midfielder was in die 1980’s een van Swifts se go-to-manne op die sokkerveld. Hy het altyd die klub bo ander dinge geplaas. In ’n groot mate het hy sy eie drome ter wille van Swifts opsy gestoot.

Rhee, of Rheebob soos hy in sokkerkringe genoem word, het nooit pro-sokker gespeel nie, maar hy dwing steeds dieselfde respek af soos iemand wat vir geld getokkel het.

Volbaard

Morgan was beslis die full package op die veld – en met sy kenmerkende volbaard kon hy nie misgekyk word nie. Hy was net so bekend vir die baard as vir sy spel.

In sy heyday het hy ook weggestap met die gesogte Virginia Player of the Week-toekenning. En dit was beslis iets wat gedoen wou word.

Maar Morgan se verbintenis met Swifts is nie net as speler nie. Hy is tans die klub se vice-chairman.

Betrokke

“Ja, daar was nie net good times nie. Maar soos dinge maar gaan, moet jy die goed met die sleg kan vat. En my purpose was, en is steeds, om net die beste te doen vir Sea Point Swifts,” verduidelik Morgan.

Hy is die afgelope vier dekades betrokke by dié span van Bonteheuwel.

Morgan verduidelik: “Nazmie Bardien het my destyds al ’n hele­ paar keer gevra om met Santos te kom oefen.

“Jy kan kom speel met top-spelers soos Eddie (Bere) Carollissen,” het hy gesê.

“Ek wil nou nie comparisons maak nie, maar ek was voor Bere in die team. Maar hy het toe daai Santos team gemaak. Verstaan jy wat ek nou try sê?

“Ek kon ook by Heideveld aangesluit het, met groot spelers soos Neven Payne en Roy Johnson-hulle. Hulle was ongelooflike spelers, maar ons het in die Chal­lenge Cup-reeks ons man teen hulle gestaan. Hulle was nou vir jou kwaai spelers.

“Barry Thomas-hulle het vir Glendene gespeel. So ook Etta Sauls-hulle. Hulle het gereeld gevra dat ek met hulle moet kom train.

“Ander spelers soos Gamat (Mogamat de Goede) en Errol Naik-hulle was almal spelers met wie ek gespeel het. Hulle het almal later top-sokker gespeel.”

BRUGBOUERS: Richard Morgan (links agter) en Carl Solomons (regs agter) het Swifts se jeugspanne ontwikkel.

Morgan erken dat hy soms ’n bietjie spyt voel dat hy nooit ’n kans gewaag het nie. “Ek wonder soms wat sou gebeur het as ek my luck gaan try het by een van die groter klubs soos Glendene of Santos.”

“As ek daaroor dink, moet ek bieg, dan is ek nogal bietjie spyt. Maar aan die einde van die dag was dit ook vir my belangrik om te sien hoe Swifts as ’n klub groei.

“Ek wonder maar altyd. Dalk sou ek as ’n blerrie snob uitgedraai het met ál die fame en fortune wat met pro-sokker kom.

“Deesdae luister ek maar hoe van die ouens praat oor hul loopbane as pro-spelers. Hulle like jou remind dat hulle pro gespeel het.

“Maar dit pla my min – ek sal hulle maar so nou en dan remind dat dit nie goed is om jouself te praise nie.

“Dit is veel beter as jy in die straat stap en iemand skree: ‘Jis, Rhee, daai tyd toe jy nog gespeel het, was julle aan die vlam!’ Dis die soort recognition wat mens goed laat voel. Dis die soort recognition wat ek prefer.”

Apartheidsjare

Morgan sê dit gebeur gereeld dat laities hom nader en goeie dinge oor sy speeldae sê.

“As ek in my gemeenskap rondloop, sê van die manne nog: Jasses, Rhee, hoekom kan die laities van vandag nie wees soos julle was nie.”

Swifts, wat in 1920 in Sea Point gestig is, is waarskynlik een van die oudste sokkerklubs in die land. Die klub en sy lede is in die apartheidsjare gedwing om Sea Point te verlaat. Hulle is toe Bonteheuwel toe verskuif en dit is hier waar Morgan se bande met die klub gekruis het.

Swifts was vir Rhee en talle talentvolle spelers van die Cape Flats veel meer as net ’n klub waar hulle sport gespeel het.

“Die klub het goeie service en servants gehad,” verduidelik Morgan. “Daar was baie spesiale mense wat na ons gekyk het. Hulle was dedicated en het soms familie afgestaan om met ons te werk.”

Opgegee

En Rhee was beslis een van dié mense!

“Hulle was ons mentors en het geglo in ons. Hulle het nooit tou opgegee met ons nie. Hulle het ons karakter geshape. Hulle het ’n groot invloed op ons gehad.

“Mense soos (Manie) Bassadien, Melvin Williams Jeff Isaacs, Richie Margeman, Peter Valentine en natuurlik AB Jacobs was fantastiese individue wat krediet verdien en geloof moet word.

Stout

“Hulle sou sê: ‘Kyk hier, manne, Easter weekend gaan ons Kimberley toe. Dan klim ons in ’n bus ek weg is ons. So stout soos ons was, was daar nie ’n druppel alkohol in die bus nie.

“Ons het die Kimberley tournament gewen, met Chingie (Yasien) wat die manager was. Ons het ook die tournament in (Pieter)Maritzburg gewen.

“Ons was stout, maar die discipline was goed.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters