4 maande gelede
Lydia erken Gawa se rol
Lydia Anderson  ~ Seraj Jones

LYDIA Anderson se onselfsugtige rol – of dit nou in netbal of politiek was – moet nie vergeet word nie.

Inteendeel, dit is hoog tyd dat Netbal Suid-Afrika erkenning gee aan die legendes van alle rasse wat struggles deurgemaak het.

Want dis skandelik as die internet geen geskiedenis van die voormalige vroue-kampvegters en -pioniers uitskop nie.

Stoffasie

Die Wêreldbeker in 2023 op tuisbodem sal die geskikte platform wees om die vroue te mobiliseer en betrokke te kry.

Anderson, ’n voormalige goal defender vir Sacos-netbal, is mos van ander stoffasie gemaak.

Dié op en wakker 60-jarige antie weier om alleen krediet te neem vir haar opofferinge en prestasies tydens die donker dae van apartheid. Of dit nou vir Sea Point Swifts se gedugte span was, of vir die board-span.

Dis ook tipies van ’n comrade wat deur die trenches­ kom.

Anderson, wat die beginsel van “No normal sport in an abnormal society” uitgeleef het, het selfs kontrakte van die hand gewys om in Engeland en Australië te speel.

Sy glo vas haar sukses – op en van die veld – is grootliks moontlik gemaak deur ene Gawa Samuels.

“Toe ek in Kreefgat gebly en gespeel het, het sy my raakgesien,” sê Anderson.

“Ons het baie weekends by haar huis in Surrey Estate spandeer.

“Sy het regtig geweet wanneer iemand nie net ’n goeie netbalspeler gaan wees nie, maar ook ’n goeie ambassadeur en administrateur vir die sport.

“Sy was nie skatryk nie, maar sy was beter af as ons, natuurlik. Wat ’n great mens is Gawa,” sê sy met ’n glinstering in haar oë.

“Sy het ons oral gevat en is deel van wie ek vandag is.

“Dis waarom sy my gedra het. Sy lewe nog vandag, die great Gawa Samuels.

“Ek onthou ek het haar teengestaan in ’n run-off en haar gebeat.

“Maar eintlik het ek haar nie geklop nie, want dis sy wat my geshape en gemould het tot wie ek vandag is.

“Sonder haar sou ek nie hier gewees het nie. Ek het een shot gehad vir iemand wat in Kreefgat gebly het.

“Sy het dit vir my gegee en ek het dit met albei hande gegryp,” het sy bygevoeg.

BONTAS SE BESTE: Sea Point Swifts se span was die benchmark vir netbalklubs en -spelers. Foto: Verskaf

Anderson het ’n oorvloed talent gehad wat haar gehelp het in haar spel.

“Ek was een van ’n collective wat uit goeie netbalspelers bestaan het,” verduidelik sy verder.

Belangrik

“Ek kan sê ons was die team om te beat on the day in die land.

“Nou verwys ek na my era by Sea Point Swifts op die Met (Metropolitan).

“Metropolitan se board team was Sea Point Swifts.

“Daai jare was basies die hele Swifts-span in die South African team.

“Ek móét tribute gee aan Caroline Davies, Jocelyn, the late Geraldine, Lucille, Charmaine Roman en vele ander. Verder gee ek tribute aan Maureen Davids.

“Ook aan die wat die President-span gemaak het, dié wat die Sacos-span gehaal het en die wat die board-spanne gemaak het.

“Ek hoop ook ons kan tribute gee aan ons legends wat die pad gepave het.

“Tans is my probleem dat ek nie kan glo ons het ’n nasionale span waar die demografie nie ons land weerspieël nie.

“In ons gemeenskappe, veral in die coloured gemeenskappe, word netbal die meeste gespeel.

“Ek kan jou sê jy kon destyds enige van die vroue, en los my hieruit, uit die gemeenskappe gaan pluk het en hulle sou die nasionale span inloop.”

YESTERYEAR: Die President-span pronk, met Lydia Anderson agter in die middel. Foto: Verskaf

Anderson, wat deesdae in Parklands woon, reken die cherry op die koek in haar speeldae was toe sy die Sacos-span aangevoer het.

“My highlight was toe ek die Sacos-vlag vir netbal by die Athlone-sta­dion ingedra het.

“As ek terugkyk, besef ek ek het gedoen wat ek kon.

“Dalk kon ek bietjie meer gedoen het, maar ek hoop dat, soos ons vorentoe beweeg in die lewe, the powers that be van die onregte sal erken wat die sport oor die jare ervaar het, veral in ’n gemeenskap soos Bonteheuwel.

“Sport in ons era, en in particular netbal, het ons regtig geshape. Geshape in die persone en mense wat ons nou is. Unfortunately is daar altyd persone wat uitdraai in die proses.

Elemente

“Die majority van waar ons vandag as mens is, is omdat ons ’n aktiewe betrokkenheid in sport gehad het in die dae toe dinge terrible was.

“Dit het ons occupied gehou en ons ’n doelwit gegee om na te mik. Op die oomblik is daar geen meer purpose nie.

“Netbal en sokker is maar elemente wat kan lei tot die full purpose.”

GEDUG: Gawa Samuels (links agter) het verseker dat plaaslike talent blootgestel word. Foto: Verskaf

Anderson was ook ses jaar die voorsitter van subraad 44 – Atlantic Sea­board, wat oor die subraad is met die grootste koffers.

“As jy so na my geskiedenis kyk ... dit gaan nie oor arrogansie nie, maar oor die gemeenskappe.

“My politieke rol was ’n continuation van my, maar op ’n ander vlak.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters