Verlede maand
‘Geen spyt’ oor beleid vir sport
Donny Jurgens  ~ Foto Verskaf

TOTDAT sport in die land nie tot sy volle potensiaal gebruik word nie, sal dit nie die knaende kwessies kan konfronteer en oplos nie.

Boonop is ware, opregte leierskap afwesig en die grondslag vir goeie governance in Suid-Afrikaanse sport is ook nie reg nie.

Dis waarna Donny Jurgens, the new president in the making van die Suid-Afrikaanse Gimnastiekfederasie (SAGF), dekades reeds streef.

Hy behoort op 10 Oktober as die SAGF se nuwe leier bevestig te word omdat hy sonder opposisie is.

Daar is geen twyfel dat Jurgens die kode na nuwe hoogtes sal neem nie.

Vernuf

In sy tyd as waarnemende president is gimnastiek as die top-federasie in Suid-Afrika benoem.

Dis ’n duidelike teken van Jurgens se vernuf en bekwaamheid as ’n leier en administrateur.

Daar is ook nie minder verwag nie van Jurgens, wat deel was van die vorming van die land se transformasiebeleid vir sport.

“Baie wou weet hoe ek waarnemende president van gimnastiek geword het,” sê Jurgens.

“My vriende het telkens gesê hulle kan my nie ’n forward roll in anger sien doen nie. Ek ken die voormalige CEO en president van die SAGF, Elizabeth Cameron Smith, sedert die 1990’s toe die verskeie sportliggame besig was met unity talks.

“Ek was ook administrateur vir gimnastiek by die Universiteit van Kaapstad.

“Hulle het my ’n paar jaar gelede genader om te run vir die pos as eerste adjunk-president. Hulle het ’n objektiewe persoon gesoek wat nie met die nege dissiplines gelink is nie en iemand met wye ervaring in sport.

Ambisie

“Ek wou die president net ondersteun; ek wou strategiese advies gee.

“Eerlikwaar, ek het geen ambisie gehad om verby daai punt te gaan nie, want my hande is reeds vol.

“Toe die president bedank, het ek outomaties waarnemend geword.

“Ek wens ek kon krediet vat vir die feit dat ons by die Momentum gsport Awards ’n spesiale prys van Sport and Recreation SA gekry het, maar ál die krediet moet gaan aan my voorganger – vir jare van aansienlike, deursigtige administrasie en bestuur.

“Krediet moet ook gaan aan die uitvoerende komitees, provinsiale en distrik­strukture, afrigters en klub-eienaars regoor Suid-Afrika.

“Volgens my is my rol om mense te laat saamwerk aan ’n gesamentlike visie en doel.”

WELGEDAAN! Jurgens saam met die wenners van die inaugural Perfect 10-kompetisie in Pretoria. Foto: Verskaf

Jurgens was in sy vroeë jare as jong sportadministrateur lid van die nie-rassige sportbeweging en betrokke by die vorming van die South African Council on Sport (Sacos).

Townships

“Polities was Sacos in lyn met die nie-Europese eenheidsbeweging. Baie Sacos-leiers was ook leiers in die New Unity Movement.

“Terselfdertyd was ek betrokke by die anti-apartheidstryd as deel van die Mass Democratic Movement. Dit was meer in lyn met die destydse verbanne African National Congress.

“Sacos het baie min of geen teenwoordigheid in die meeste swart townships in Suid-Afrika gehad nie.

Verbied

“Die meerderheid sportpersone in swart townships, byvoorbeeld sokkerspelers, het nie onder die vaandel van Sacos gespeel nie.

“Volgens die Sacos-definisie sou honderdduisende sokkerspelers verbied word onder die ‘dubbele standaarde’-resolusie.

“Dié situasie het onhoudbaar geword. ’n Paar sport­aktiviste wat hulle by die MDM aangesluit het, het besluit om ’n alternatiewe sportstruktuur te vorm – die National Sports Congress (NSC).

“Die NSC is deur sommige dele van die media en ons teenstanders ‘die ANC in tracksuits’ genoem.

“Ek het die nasionale bekendstelling van die NSC in 1989 in Johannesburg bygewoon en was in die plaaslike NSC-komitee in Kaapstad.

“Ons het aanvanklik aangebied om met Sacos saam te werk, maar dit is deur die Sacos-leierskap verwerp,” sê Jurgens.

“Ons het baie maande gebruik om die NSC deur die Wes-Kaap heen te bevorder.

“Die NSC het ook betogings ingestel teen rebelletoere in Suid-Afrika.

“Ek onthou onder meer ek en ’n hele paar kame­rade is in hegtenis geneem vir ons protes teen die Mike Gatting-kriekettoer in 1990. Ons het by hul hotel in Seepunt betoog.

“Ons is in hegtenis geneem en toe by die Seepunt-polisiekantoor aangehou.”

PATRIOTIES: Jurgens saam met Noma en Nicol Inam, ’n ma en dogter van die Baai, by die World Gymnaestrada laas jaar in Oostenryk. Foto: Verskaf

Die NSC het ná eenwording die Nasionale Sportraad geword.

Die meeste sportorganisasies het hulle by die NSC aangesluit onder die mantra van “eenheid, voorbereiding en ontwikkeling”.

“Ons het effektief verseker dat die nie-rassige sport­beweging in alle strukture verteenwoordig is.

“In sommige gevalle was ons weliswaar nie reg om te regeer nie en ons het foute gemaak.

“Die NSC het baie vor­dering gemaak met die ontwikkeling van opleidingsprogramme en die ontwikkeling van fasiliteite.

“Dit het nou saamgewerk met die demokratiese regering in ’n poging om die wanbalanse in die verlede reg te stel.”

Jurgens sê voorts: “Is ek spyt? Het ons destyds die verkeerde besluit geneem?

“Sommige mense wil die NSC die skuld gee vir die uitdagings wat sport vandag in die gesig staar.

“Ek glo vas ons het die regte besluit geneem. Ons het baie vordering gemaak en sport het sy rol gespeel in die bou van ’n verenigde Suid-Afrika. Natuurlik het ons ’n lang pad om te gaan.

Sluit

“Ons moet die harde werk onthou van reuse in die nie-rassige sportbeweging, van wie baie oorlede is.

“Hier sluit ek in Krish Mackerdhuj, Krish Naidoo, die Vawda-broers, Ben Tengimfene, Bill Jardine, Edwin Bennett, Mluleki George, Steve Tshwete, Hajera Kajee, om ’n paar te noem.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters