Verlede maand
WP sê oor protokols in workshops
FAIZEL FELTONF
FAIZEL FELTONF  ~ OTO VERSKAF

MÔREAAND en Woensdagaand hou die Westelike Provinsie Rugbyvoetbalunie (WPRVU) by Nuweland opvoedkundige werksessies vir beamptes van rugbyklubs.

Volgens Faizel Felton, senior bestuurder van klubrugby vir die WPRVU, gaan hulle met die klubs se Covid-19-nakomings­beamptes vergader.

“Die WPRVU wil seker maak ál die klubs word op hoogte van sake gehou as dit by die Covid-protokolle kom wat nagevolg moet word wanneer hulle weer begin oefen,” het Felton gister aan Son gesê.

Geleidelik

“Die compliance officers is verantwoordelik vir die protokolle wat by klubs uitgeoefen word wanneer hul klubs weer begin oefen.

“Die unie moet ook met die stadsraad vergader om seker te maak die fasiliteit waar die spelers gaan oefen, voldoen aan die Covid-19-maatreëls.

Felton verduidelik dat die proses geleidelik ingefaseer gaan word. Klubs gaan vier weke hê om voor te berei in die eerste fase.

“Die unie sal eers al die dokumentasie met die klubs moet regkry voordat hulle kan afteken wanneer die klubs weer kan begin oefen. Daar sal dan daarna nóg ’n fase van vier weke tot in die middel van Desember wees waarin klubs dan met hul slypsessies kan begin.

“Klubrugby-wedstryde sal dus eers volgende jaar gespeel word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters