4 maande gelede
Wiele rol al vir 10s
Ashraf Joseph
Ashraf Joseph  ~ Verskaf

HAMEDIEHS, wat tans in die City-streekliga speel, is een van Westelike Provinsie se oudste rugbyklubs.

Dié klub in Athlone vier volgende jaar sy 125ste bestaansjaar, iets waarmee bitter min klubs kan spog.

Die klub is reeds in 1896 gestig. Al is die klub nie waar hy graag sou wou wees in terme van ligastatus nie, is Ashraf Joseph, die klub se voorsitter, in sy noppies met die manne se vordering tot dusver.

Hulle het aan die begin van die jaar die derde jaarlikse Community 10s gehou. Dié keer het Tygerberg die titel gewen toe hy Collegians in die eindstryd geklop het.

Vergadering

Die wiele vir die 2021-weergawe van die Community 10s is reeds aan die rol.

Die klub se bestuur het eersdaags ’n vergadering met die WP-unie om die planne rondom die Covid-regulasies te bespreek.

“Die lockdown het baie klubs se inkomste geknou, maar belangriker nog, die verhoudings wat binne die klubs bestaan,” het Joseph gesê.

“Ek is veral excited oor die Community 10s in 2021.

“Ons het reeds begin werk aan volgende jaar se toernooi.”

Een van die doele van die Community 10s is om die deelnemende afrigters met 'n "starter kit" van toerusting te voorsien, die kit se waarde, volgens Joseph is so in die omgewing van R 5000.00, dit was by die 2020 uitgawe aan afrigters oorhandig. 

Joseph is tans in sy tweede termyn as klub voorsitter, volgende jaar sal sy vierde seisoen aan stuur van sake by een van die Kaapse oudste klubs.

"Ek is ook die voorsitter van die Leadership College Hyde Park wat saam met Hamediehs gesmelt het om TLC Hamediehs te vorm, wat fokus op junior rugby in ons gemeenskap. 

Die dien ook as n voerderslyn vir ons senior klub. 

Die klub het five values wat ons gebruik as ons moral compass perseverance, honesty, obedience, generosity and forgiveness."

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters