6 maande gelede
Tweeling het Stormers in visier
KRAGMAN: Charlton is ’n bielie.  ~ Foto Verskaf

DIE jong Johnson-tweeling van Franschhoek, Charlton en Carlton (23), is besig om waves op die rugby scene­ te maak.

Die twee stutte het verlede week vir die WP-uitnodigingspan teen die SWD in George gespeel en het nou hulle sights op die Stormers.

Sterkste

Die tweeling speel al sedert “kleintyd” rugby en is al jare verbonde aan die Franschhoek Rugbyklub. Hulle speel al die afgelope vier jaar vir dié klub se eerste span.

Op die vraag wie van hulle twee eintlik die sterkste skrumwerker is, antwoord Carlton, wat vyf minute ouer as Charlton is, baie diplomaties: “Ons is eintlik maar ewe sterk,” terwyl sy boetie op sy beurt sê: “Ons skrum mekaar klaar.”

Die duo laat die skaal op ’n gesamentlike 246 kg kreun en is beslis ’n handvol in die skrums.

Charlton noem dat die All Black voorryman Owen Franks sy held is, terwyl Carlton opkyk na die 23-jarige Aussie-kragman Taniela Tupou.

Charlton is ’n spesialis-vaskopstut, terwyl Carlton aan die loskop- sowel as die vaskopkant kan sak.

Verskuldig

Die rugbybloed vloei sommer dik in die Johnson-boeties se are. Die voormalige Springbok Ashley Johnson is hulle neef. Hy speel deesdae by Wasps in Engeland, terwyl die twee se broer, Marchelle, in Nederland speel.

Die tweeling sê hulle is baie aan hulle ma, Evan, en pa, William, verskuldig.

“Ons ouers ondersteun ons in alles wat ons doen en is baie trots op ons. Hulle is al 26 jaar getroud en ons kyk op na hulle. Ons is baie lief vir hulle en as dit nie vir hulle was nie, sou ons niks in die lewe bereik het nie,” sê Charlton, pa van ’n seun, Elijah.

YSTER: Carlton is ook ’n stewige voorry.

Hulle praat ook met lof van Jaco Stadler, hulle voormalige afrigter by Franschhoek.

“Ons het baie geleer by coach Jaco,” sê Carlton.

Onthou gerus die tweeling Johnson en Johnson ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters