Verlede maand
Tiere-breier na Griekwas
GELUK: Brendell Brandt (regs) saam met Armien Bailey op ’n Tiere-prysuitdeling.  ~ TBM Photography

DIE voormalige Bulls- en Griekwas-speler Brendell Brandt gaan eersdaags die hoofafrigter van die nuutgevormde Griekwas Akademie in Kimberley wees.

Brandt, wat sedert 2018 die hoofbreier van Tygerberg-rugbyklub (Tiere) was, is tans werksaam by UXI Sports.

UXI is ’n sportontwikkelingsmaatskappy wat saam met Griekwas Rugby die akademie op die been gebring het. UXI het Brandt toe gekies as die regte man om dié akademie te bestuur.

Die 42-jarige Brandt het in 2011 sy loopbaan as afrigter by die Valsbaai-rugbyklub begin. Dit nadat hy in 2007 teruggekeer het Kaap toe.

Eers het hy in 1999 vir Mid­dlesborough in Engeland uitgedraf, waarna hy homself in 2000 in Pretoria by die Bulls bevind het.

GELUK: Brendell Brandt (regs) saam met Armien Bailey op ’n Tiere-prysuitdeling.

Daarna was Brandt drie jaar by die Pumas en in 2004 het hy ’n kontrak by die Poubloues gesign voordat hy in 2007 sy boots as beroepspeler opgehang het.

Brandt sê aan Son hy het lank besin oor die besluit om terug te keer Kimberley toe.

“Ons het twee nuwe akademies by die Pumas en Griekwas begin. Ek is toe gevra of ek ’n skuif na ’n ander unie sou consider.

“UXI Sports het die proposal aan Griekwas se CEO, Arni van Rooyen, gestuur, met my as hoofafrigter.

“Ná ’n lang gesprek met van Rooyen het ek besluit dit sal ’n goeie skuif vir my wees,” het Brandt laat hoor.

Brandt en sy vrou, Liesle, is al 15 jaar getroud. Sy join dus haar man dadelik wanneer hy sy nuwe pos in Januarie inneem. Die twee vertrek reeds in Desember na hul nuwe tuiste.

Brandt, wat senter gespeel het, het hom in 2015 as die destydse hoofafrigter Ricky Petersen se assistent by die Tiere aangesluit.

Speeldae: Brendell Brandt in aksie vir Griekwas. FOTO verskaf

Verantwoordelik

Drie jaar later was Brandt aan die stuur van die mag­tige span van Ravensmead.

Hy vertel hy gaan twee hooftake as hoof van Griekwas se akademie hê.

“Ek sal verantwoordelik wees vir die samestelling van afrigtingsmodules – individueel, sowel as in spanverband.

“My hooftaak sal wees om spelers te ontwikkel wat in die toekoms in aanmerking sal kom vir die Curriebekerspan.”

Gelukkig: Brendell Brandt en sy vrou, Liesle, op hul troudag. FOTO verskaf

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters