6 maande gelede
Span wil fans bedank
CHAMPS: Hou by die blou.  ~ Charles Pullen

DIE Oos-Kaapse Super14-kampioen se deelname aan die Saldanha Top8 is weens die Covid19-uitbreking omvergegooi, maar dit sit nie ’n merk op hulle nuwe titel nie.

Progress het Swallows ’n week gelede in die Buffalo City Stadium in Oos-Londen met 28-24 geklop en so sy eerste Super14-titel gewen.

Tot dusver het Progress alles in OP se provinsiale rugby gewen, en dit was die een titel hierdie wat hy nog kortgekom het.

“Ons het tot dusver nog alles gewen, maar die Super14 – of Super12, soos hy voorheen bekend was – het ons nog altyd ontwyk.

Prysgeld

“So, dit was altyd iets wat in ons agterkop was.

“Ons is almal bly dat dit iets is wat ons as klub ook bereik het,” het Progress se breier, Eric Toring, gesê.

As wenner van die Super14 kry Progress ’n koel R60 000 prysgeld. Toring het gesê hulle sal dit goed gebruik.

“Dis wonderlike inspuiting vir die klub. Die bestuur sal dit beslis goed aanwend.”

Toring het ook gesê hulle het uitgesien na die Saldanha Top8-toernooi en sou dié trofee ook graag in hulle kas wou sit.

“Ons weet ons sou die eerste Oos-Kaapse span wees wat deelneem. Dit is ’n eer om gekies te wees, maar ongelukkig kan ons nou nie deelneem nie. Dit is nou ’n groot blow vir ons ritme, maar dis nie iets waaroor ons enige beheer het nie.”

Trofee-toer

Progress beplan om Sondag ’n trofee-toer te doen. Dit sal 15:00 by die four-way-stop in Uitenhage begin.

“Die klub en spelers sien vreeslik uit daarna. Ná kerk sal ons almal op die bustoer deur Uitenhage gaan om vir al die fans dankie te sê.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters